Spring na inhoud

26 DESEMBER 2017
WAT IS NUUT

Studie-uitgawe van die New World Translation nou beskikbaar op JW Library

Studie-uitgawe van die New World Translation nou beskikbaar op JW Library

Die studie-uitgawe van die New World Translation of the Holy Scriptures, wat op die oomblik net in Engels beskikbaar is, kan nou op die JW Library-app afgelaai word. Voordat jy begin, moet jy eers seker maak dat jy die nuutste weergawe van JW Library op jou toestel het. Daarna kan jy die Studiebybel aflaai op een van die volgende maniere:

Metode 1

  • Gaan na Wat is nuut? op die tuisskerm van JW Library en tik dan op New World Translation of the Holy Scriptures (Study Edition). Volg dan die instruksies.

Metode 2 (as die Studiebybel nie onder die opsie Wat is nuut? verskyn nie)

  • As jy ’n iOS-toestel of ’n Windows-toestel het, tik op die Bybel-knoppie. As jy ’n Android-toestel het, gaan na die drie strepies links bo en tik dan op die Bybel-knoppie.

  • Tik op die taal-knoppie. Op kleiner toestelle kan jy dit regs bo kry deur op die drie kolletjies te tik.

  • Tik op die English — New World Translation (Study Edition). Volg dan die instruksies.

  • Op party toestelle moet jy dalk weer die English — New World Translation (Study Edition) kies om dit te begin gebruik.