Afrikaans
Herdenking van Jesus se dood
https://cms-imgp.jw-cdn.org/img/p/500900026/univ/art/500900026_univ_sqr_xl.jpg

Herdenking van Jesus se dood

Maandag 22 Maart 2027

Elke jaar herdenk Jehovah se Getuies die dood van Jesus net soos hy beveel het toe hy gesê het: “Hou aan om dit te doen as ’n herinnering aan my.” – Lukas 22:19.

Ons nooi jou en jou gesin om hierdie geleentheid by te woon.

Algemene vrae

Wie kan dit bywoon?

Almal is welkom. Nooi gerus jou vriende en bring jou gesin saam.

Hoe lank is die program?

Dit is omtrent ’n uur lank.

Waar sal dit gehou word?

Kontak Jehovah se Getuies om meer uit te vind oor plaaslike reëlings.

Moet jy betaal, en is jy verplig om dit by te woon?

Nee.

Sal kollektes geneem word?

Nee. Ons neem nooit kollektes by ons vergaderinge nie. – Matteus 10:8.

Wat moet ek aantrek vir die geleentheid?

Jehovah se Getuies probeer op ’n manier aantrek wat respek toon vir hierdie heilige geleentheid.

Wat sal by die Gedenkmaal gebeur?

Daar sal ’n aanmoedigende toespraak wees oor hoe belangrik Jesus se dood is en hoe ons kan baat vind by wat God en Christus vir ons gedoen het. Die program sal begin en eindig met ’n lied en gebed.

Wanneer sal die Gedenkmaal in die toekoms gehou word?

2027: Maandag 22 Maart

2028: Sondag 9 April

2029: Donderdag 29 Maart