Spring na inhoud

26 FEBRUARIE 2018
WÊRELDNUUS

Sikloon Gita tref die eilande van die Stille Suidsee

Sikloon Gita tref die eilande van die Stille Suidsee

Tussen 10 en 11 Februarie het Sikloon Gita wat as ’n kategorie 2-sikloon begin het, maar gegroei het tot ’n kategorie 4-sikloon, Samoa en Amerikaans-Samoa getref. Op 12 Februarie het dit Tonga getref en wydverspreide vloede en baie skade veroorsaak.

Geen broers is ernstig beseer of dood in die sikloon nie, maar baie huise is ernstig beskadig. Noodlenigingskomitees het baie gehelp deur noodlenigingsvoorraad soos kos en seile te voorsien aan dié wat deur die sikloon geraak is.

In SAMOA is tien huise ernstig beskadig.

Drie huise in AMERIKAANS-SAMOA is deur water beskadig. Broers en susters in die omgewing gee tydelike blyplek aan dié wat hulle huise verloor het.

In TONGA is ten minste ses huise erg beskadig. Broers en susters wat hulle huise verloor het, het oornag by die Koninkryksaal gebly.

Ons is bly dat nie een van ons broers ernstig seergekry het in hierdie ramp nie, en dat dié wat deur die ramp geraak is die nodige ondersteuning van hulle medeaanbidders kry. Sulke ondersteuning is ’n bewys van die liefde wat Jesus gesê het onder sy volgelinge sal bestaan. — Johannes 13:34, 35.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Amerikaans-Samoa: Panapa Lui, +1-684-770-0064

Samoa: Sio Taua, +685-20629

Tonga: Palu Kanongata’a, +676-25736

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000