Spring na inhoud

2 MAART 2018
VERENIGDE STATE

Vloede tref sentrale dele van Verenigde State

Vloede tref sentrale dele van Verenigde State

Gedurende Februarie 2018 het swaar reën saam met sneeu wat gesmelt het, vloede veroorsaak in die sentrale dele van die Verenigde State. Baie mense in dele van Illinois, Indiana, Kentucky, Michigan, Ohio en Tennessee is deur die vloede geraak insluitende ons broers en susters.

Volgens die takkantoor in die Verenigde State moes 20 verkondigers in agt kringe hulle huise verlaat. Ongelukkig is een suster in Indiana dood as gevolg van die swaar reën wat die vloede veroorsaak het. Altesaam 57 huise van ons broers is beskadig.

Die kringopsieners in hierdie gebiede vertroos al die verkondigers wat deur hierdie ramp getref is. Ons hou aan om vir ons broers en susters wat deur die ramp geraak is, te bid, en ons weet dat Jehovah vir hulle sal sorg. — 1 Petrus 5:7.

Mediaverteenwoordigers:

David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000