14 JANUARIE 2025
VERENIGDE STATE
Verskeie veldbrande lei tot verwoesting in Suid-Kalifornië, VSA
Op 7 Januarie 2025 het drie groot veldbrande in die berge buite Los Angeles, Kalifornië, VSA, begin. Oor die volgende twee dae het ten minste nog drie veldbrande in die streek a begin. Die brande het vinnig versprei as gevolg van ’n kombinasie van droë toestande en sterk woestynwinde wat tot 160 kilometer per uur bereik het.
Hierdie brande het nou meer as 16 000 hektaar grond verbrand. Ongeveer 12 000 geboue, wat huise en besighede insluit, is vernietig. Die owerhede het meer as 130 000 mense aangesê om die gebied te verlaat, en honderdduisende mense is sonder elektrisiteit. Amptenare sê dat ongeveer 24 mense gesterf het.
Die volgende syfers is gebaseer op voorlopige berigte uit die gebiede wat geraak is.
Hoe ons broers en susters geraak is
Nie een van ons broers of susters is beseer of het gesterf nie
1 068 verkondigers moes hulle huise verlaat
83 huise is vernietig
3 huise is erg beskadig
12 huise is beskadig, maar nie te erg nie
Geen Koninkryksale is beskadig of vernietig nie
Noodlenigingspogings
Kringopsieners en ouermanne bied geestelike vertroosting en ondersteuning sowel as praktiese hulp aan dié wat deur die brande geraak is. ’n Lid van die Takkomitee het ook na die gebied gereis om ons broers en susters te vertroos
2 Koninkryksale word tydelik as noodlenigingsentrums gebruik
’n Noodlenigingskomitee is aangestel om toesig te hou oor die noodlenigingswerk
Ons hou aan om vir ons broers en dié wat deur hierdie brande geraak is, te bid. Ons sien ook gretig uit na God se belofte van ’n toekoms wanneer natuurrampe en hulle aaklige gevolge nie meer daar sal wees nie. – Openbaring 21:4.
a Op 7 Januarie 2025 het die Eaton-, Hurst- en Palisades-brand begin. Dit is gevolg deur die Lidia- en Sunset-brand op 8 Januarie en die Kenneth-brand op 9 Januarie.