20 NOVEMBER 2023 | BYGEWERK: 26 APRIL 2024
RUSLAND
JONGSTE NUUS – VONNIS VERMINDER | Broer Jefgeni Boesjef word tot sewe jaar tronkstraf gevonnis
Op 25 April 2024 het die Tsjeljabinsk-streekhof broer Jefgeni Boesjef se tronkstraf met een jaar verminder nadat hy geappelleer het. Hy sal nou ’n tronkstraf van ses jaar moet uitdien.
Op 7 November 2023 het die Kalininski-distrikshof van die Tsjeljabinsk-streek broer Jefgeni Boesjef skuldig bevind en hom tot sewe jaar tronkstraf gevonnis. Hy is dadelik in die hof in hegtenis geneem.
Profiel
Ons is hartseer dat nog ’n broer tronk toe gestuur is. Maar ons is oortuig dat Jehovah sal aanhou om Jefgeni en almal wat deur moeilike tye gaan, te help. – Psalm 94:22.
Tydlyn
24 Augustus 2022
Kriminele saak word begin
8 September 2022
Huis word deursoek
9 September 2022
Word onder reisbeperkings geplaas
20 September 2023
Kriminele verhoor begin
7 November 2023
Is skuldig bevind en tot sewe jaar tronkstraf gevonnis