Spring na inhoud

Broer Sergei Tsjetjoelin en sy vrou, Jelena

19 MAART 2024 | BYGEWERK: 19 FEBRUARIE 2025
RUSLAND

JONGSTE NUUS – PAARTJIE GEVONNIS | ‘Jehovah is die Een wat my vertroos’

JONGSTE NUUS – PAARTJIE GEVONNIS | ‘Jehovah is die Een wat my vertroos’

Op 19 Februarie 2025 het die Petropawlofsk-Kamtsjatski-stadshof van die Kamtsjatka-gebied broer Sergei Tsjetjoelin en sy vrou, suster Jelena Tsjetjoelina, skuldig bevind en hulle albei ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gegee. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Op 30 Oktober 2024 het die Negende Algemene Hof van Hersiening in Wladiwostok die skuldigbevinding van broer Sergei Tsjetjoelin en sy vrou, suster Jelena Tsjetjoelina, ongeldig verklaar. Hulle saak sal nou na die oorspronklike hof terugverwys word vir ’n herverhoor.

Op 22 April 2024 het die Petropawlofsk-Kamtsjatski-stadshof van die Kamtsjatka-gebied broer Sergei Tsjetjoelin en sy vrou, suster Jelena Tsjetjoelina, skuldig bevind. Hulle het elkeen ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar gekry. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Profiel

Soos Sergei en Jelena, is die perfekte geskenk van God se Woord ook vir ons kosbaar. Dit versterk ons en gee ons die wysheid wat ons nodig het om getrou gedurende moeilike tye te bly. – Psalm 19:7.

Tydlyn

  1. 25 September 2022

    Kriminele saak word gemaak

  2. 17 Oktober 2022

    Huis word deursoek

  3. 6 September 2023

    Sergei word onder reisbeperkings geplaas

  4. 7 September 2023

    Jelena word onder reisbeperkings geplaas

  5. 26 Desember 2023

    Kriminele verhoor begin