Spring na inhoud

10 FEBRUARIE 2021
RUSLAND

Broer Aleksandr Ifsjin gevonnis tot sewe en ’n half jaar tronkstraf, swaarste straf sedert verbod in 2017

Broer Aleksandr Ifsjin gevonnis tot sewe en ’n half jaar tronkstraf, swaarste straf sedert verbod in 2017

Op 10 Februarie 2021 het die Abinski-distrikshof van die Krasnodar-gebied, Rusland, broer Aleksandr Ifsjin (63) tot sewe en ’n half jaar tronkstraf gevonnis. Dit is die swaarste tronkstraf wat een van Jehovah se Getuies gekry het sedert die organisasie in 2017 verbied is.

’n Kriminele saak is op 23 April 2020 teen broer Ifsjin gemaak. Die “misdade” waarvan hy aangekla word, is dat hy godsdiensvergaderinge reël wat deur middel van videoverbinding gehou word en dat hy Koninkryksliedjies sing. In sy laaste woorde voor die hof het hy duidelik gewys dat sy geloofsoortuigings op die Bybel gebaseer is en gesê: “Agbare hof, my lewenswyse is gebaseer op Bybelbeginsels, en daar is geen ekstremisme of haat in hierdie beginsels nie.”