Spring na inhoud

10 SEPTEMBER 2019
JAPAN

Oorstromings in Japan

Oorstromings in Japan

Op 28 Augustus 2019 het swaar reën in die Kioesjoe-streek van Japan wydverspreide oorstromings veroorsaak. Riviere het oorstroom en in party gebiede was daar ’n gevaar van grondstortings. Dit het veroorsaak dat daar vir meer as 800 000 mense gesê is om hulle huise te verlaat en na veiliger gebiede te gaan. Die takkantoor in Japan het laat weet dat 82 verkondigers hulle huise moes verlaat. Volgens die jongste nuus is altesaam 40 van ons broers se huise beskadig, insluitende een Koninkryksaal.

Die takkantoor het ’n Noodlenigingskomitee aangestel om vir die verkondigers wat geraak is, te sorg. Kringopsieners, saam met plaaslike ouermanne en verkondigers, vertroos en moedig ons broers aan uit die Bybel. Hulle voorsien ook die nodige dinge soos kos en klere. Ons is dankbaar dat liefde so baie beweeg om iets te doen vir ons mede-aanbidders. – 2 Korintiërs 8:4.