31 AUGUSTUS 2017
HONGKONG
Tifoon Hato tref Hongkong en Macau
Op Woensdag 23 Augustus het Hato, ’n kategorie 10 tifoon, die suide van China, insluitende die stede Hongkong en Macau, getref. In Hongkong is niemand dood nie, maar 34 mense is beseer. In Macau het ten minste 9 mense gesterf en 153 is beseer.
Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Hongkong, wat ook die Getuies se werk in Macau koördineer, het berig dat geen Getuies in die tifoon dood is nie. Maar baie van hulle het nie elektrisiteit en drinkwater nie. Die takkantoor werk saam met die plaaslike Getuies om seker te maak dat hulle mede-gelowiges drinkwater en ander benodigdhede kry.
Daar woon meer as 5 500 Getuies van Jehovah in Hongkong en 320 in Macau.
Mediaverteenwoordigers:
Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000
Hongkong: Danny Steensen, +852-3950-3500