31 OKTOBER 2024
FILIPPYNE
Tropiese storm Trami tref die Filippyne
Op 21 Oktober 2024 het tropiese storm Trami a groot skade regoor die Filippyne aangerig. Terwyl die storm oor die noordelike deel van die land erger geword het, het dit verwoestende winde van tot 160 kilometer per uur veroorsaak. Die swaar reën en sterk wind het ook baie oorstromings en modderstortings veroorsaak. As gevolg hiervan is huise en paaie beskadig en het mense nie elektrisiteit of water nie. Van die meer as sesmiljoen mense wat in die gebied bly wat deur die oorstromings geraak is, moes ongeveer eenmiljoen hulle huise verlaat. Omtrent 126 mense het gesterf.
Hoe ons broers en susters geraak is
Ongelukkig het een suster gesterf
747 verkondigers moes hulle huise verlaat
7 huise is vernietig
24 huise is erg beskadig
128 huise is beskadig, maar nie te erg nie
8 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie
Noodlenigingspogings
Kringopsieners en ouermanne bied geestelike vertroosting en ondersteuning sowel as praktiese hulp aan dié wat deur die storm geraak is
5 Noodlenigingskomitees is aangestel om noodlenigingspogings te organiseer
Ons is hartseer oor die dood en verwoesting wat hierdie geweldige tropiese storm veroorsaak het. Maar ons hou aan om vertroosting en hoop in die Bybel se belofte te vind dat sulke dinge vir ewig weggeneem sal word. – Jesaja 25:8.
a In die Filippyne staan hierdie storm bekend as Kristine