Studente besoek die takkantoor van Jehovah se Getuies in Mexiko
Studente wat op toer gegaan het deur die kantoorgebou en drukkery van Jehovah se Getuies in Mexiko, het gevoel dat die besoek hulle gehelp het om “van vooroordele ontslae te raak”, het die universiteit se tydskrif, Gaceta, gesê.
Die studente het gesê:
“Ons is aangenaam verras deur die goeie waardes wat ons gesien het . . . respek, hoflikheid, gelykheid, sindelikheid.”
“Die bereidwilligheid van die mense om as ’n span saam te werk, is navolgenswaardig.”
“Almal het hulle op hulle werk toegelê en het ’n glimlag op hulle gesig gehad.”
“Die goeie organisasie van hierdie uitgewersmaatskappy het ons beslis beïndruk.”
Dit was studente van die Nasionale Skool van Biblioteekwese en Argiefwetenskap in Mexikostad.
Jehovah se Getuies bied gratis begeleide toere van hulle kantoor- en drukfasiliteite in byna 100 lande aan. Enigiemand wat ’n klas wil bring vir ’n toer deur een van ons fasiliteite, kan besonderhede oor die tyd en plek vind onder OMTRENT ONS > KANTORE & TOERE. Individue en gesinne is ook welkom om deur ons fasiliteite te toer.