Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Beskou jou verhouding met Jehovah as kosbaar

Beskou jou verhouding met Jehovah as kosbaar

Jehovah se Getuies het ’n spesiale voorreg. As toegewyde, gedoopte Christene hou ons aan om ’n sterk persoonlike verhouding met die Soewereine Heer Jehovah te ontwikkel. Hy het ons deur sy Seun na Hom toe getrek (Joh 6:44). Hy luister na ons gebede. – Ps 34:15.

Hoe kan ons ons kosbare verhouding met God beskerm? Een van die dinge is om nie die verkeerde pad te volg wat die Israeliete gevolg het nie. ’n Kort rukkie nadat hulle in ’n verbondsverhouding met Jehovah gekom het, het hulle ’n goue kalf gemaak en afgodedienaars geword (Eks 32:7, 8; 1Kor 10:7, 11, 14). Ons kan ons afvra: ‘Hoe reageer ek wanneer ek in die versoeking kom om iets te doen wat verkeerd is? Wys my besluite dat my verhouding met Jehovah vir my kosbaar is?’ As ons ons hemelse Vader baie liefhet, sal dit ons help om weg te vlug van die dinge wat hy haat. – Ps 97:10.

KYK NA DIE VIDEO BESKERM JOU VERHOUDING MET JEHOVAH (KOL 3:5), EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Wat is gierigheid?

  • Hoekom moet ons gierigheid en afgodediens verwerp?

  • Watter verband is daar tussen egbreuk en afgodediens?

  • Hoekom moet veral dié met verantwoordelikhede in die organisasie seker maak dat hulle in die behoeftes van hulle huweliksmaat voorsien?