’n Bewys van Jehovah se seën
Jehovah het die eerste brandoffer van die pas ingestelde Aäronitiese priesterdom met vuur verteer. Dit het gewys dat Jehovah hierdie reëling ondersteun en goedkeur. So het Jehovah die nasie wat daar bymekaar was en alles gesien het, aangemoedig om hulle volle ondersteuning aan die priesterdom te gee. Vandag gebruik Jehovah die verheerlikte Jesus Christus as die grotere Hoëpriester (Heb 9:11, 12). In 1919 het Jesus ’n klein groepie gesalfde manne aangestel as “die getroue en verstandige slaaf” (Mt 24:45). Watter bewyse is daar dat die getroue slaaf Jehovah se seën, ondersteuning en goedkeuring het?
-
Ten spyte van aanhoudende vervolging het die getroue slaaf nie opgehou om geestelike voedsel te voorsien nie
-
Net soos daar voorspel is, word die goeie nuus “oor die hele bewoonde aarde” verkondig. – Mt 24:14
Hoe kan ons ons volle ondersteuning gee aan die getroue en verstandige slaaf?