Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | HANDELINGE 1-3

Heilige gees word op die Christengemeente uitgestort

Heilige gees word op die Christengemeente uitgestort

2:1-8, 14, 37, 38, 41-47

Baie van die Jode wat gedurende Pinkster 33 HJ in Jerusalem gebly het, het van ander lande af gekom (Han 2:9-11). Hulle het die Mosaïese Wet onderhou al het hulle dalk hulle hele lewe lank in ’n ander land gewoon (Jer 44:1). Party het dalk meer soos inwoners van hulle eie land gelyk en geklink, en nie soos Jode nie. Toe 3 000 uit hierdie veelvolkige skare gedoop is, het die Christengemeente skielik uit mense van verskillende agtergronde bestaan. Al het hulle uit verskillende agtergronde gekom, was hulle “voortdurend eendragtig in die tempel aanwesig”. — Han 2:46.

Hoe kan jy wys dat jy opreg belangstel in . . .

  • mense in julle gebied wat van ander lande af kom?

  • broers en susters in julle gemeente wat van ander lande af kom?