Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Wys liefde in die gesin

Wys liefde in die gesin

Liefde is die gom wat ’n gesin saambind. Sonder liefde sal ’n gesin sukkel om verenig te bly en met mekaar saam te werk. Hoe kan mans, vrouens en ouers liefde in die gesin wys?

’n Liefdevolle man sal sy vrou se behoeftes, opinies en gevoelens in ag neem (Ef 5:28, 29). Hy sal fisies en geestelik vir sy gesin sorg, en dit sluit in dat daar gereeld ’n aand vir Gesinsaanbidding sal wees (1Ti 5:8). ’n Liefdevolle vrou sal onderdanig wees aan haar man en “diep respek” vir hom hê (Ef 5:22, 33; 1Pe 3:1-6). Albei huweliksmaats moet bereid wees om mekaar vryelik te vergewe (Ef 4:32). Liefdevolle ouers stel persoonlik belang in elkeen van hulle kinders en leer hulle om Jehovah lief te hê (De 6:6, 7; Ef 6:4). Watter uitdagings het hulle kinders in die skool? Hoe hanteer hulle groepsdruk? Wanneer daar volop liefde in die gesin is, sal almal in die gesin veilig voel.

KYK NA DIE VIDEO BEWYS ONFEILBARE LIEFDE IN JULLE GESIN, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe voed en versorg ’n liefdevolle man sy vrou?

  • Hoe wys ’n liefdevolle vrou diep respek vir haar man?

  • Hoe leer liefdevolle ouers hulle kinders om lief te word vir God se Woord?