Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Jehovah beskerm sy volk

Jehovah beskerm sy volk

Die eerste Pasga was ’n baie belangrike gebeurtenis. Op daardie aand, nadat Farao uitgevind het dat sy eersgeborene dood is, het hy vir Moses gesê: “Staan op, gee pad onder my volk uit, julle en die ander Israeliete! Gaan dien Jehovah, net soos julle gesê het (Eks 12:31). Jehovah het gewys dat hy sy volk beskerm.

As ons terugkyk na die hedendaagse geskiedenis van Jehovah se volk, kan ons duidelik sien dat Jehovah sy volk nog steeds lei en beskerm. Dit word beklemtoon in ’n museum by die wêreldhoofkwartier met die naam: “’n Volk vir Jehovah se naam.”

KYK NA DIE VIDEO MUSEUMTOERE BY WARWICK: “’N VOLK VIR JEHOVAH SE NAAM”, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Watter oorspronklike en interessante manier het die Bybelstudente van 1914 af gebruik om geloof in die Bybel op te bou, en hoe suksesvol was dit?

  • Watter toetse was daar in 1916 en 1918, en watter bewyse was daar dat Jehovah besig was om sy organisasie te lei?

  • Hoe het Jehovah se volk getrou gebly al is hulle teëgestaan?

  • Watter Bybelwaarheid het Jehovah se volk in 1935 geleer, en hoe het dit hulle geraak?

  • As jy al by hierdie museum was of ’n toer van die uitstallings by ons plaaslike takkantoor gedoen het, wat het jy gesien wat vir jou bewys dat Jehovah sy volk lei en beskerm?