‘Die hele aarde het nog steeds een taal gehad’
By Babel het Jehovah ongehoorsame mense verstrooi deur hulle taal te verwar. Vandag versamel hy ’n groot menigte uit alle nasies en tale deur vir hulle “’n suiwer taal” te gee sodat hulle “die naam van Jehovah sal aanroep om hom skouer aan skouer te dien” (Sef 3:9; Op 7:9). Hierdie “suiwer taal” is die waarheid oor Jehovah en sy voornemens soos dit in die Bybel opgeteken is.
’n Mens moet meer doen as om net woorde te memoriseer as jy ’n nuwe taal wil leer. ’n Mens moet leer om op ’n nuwe manier te dink. Net so moet ons, wanneer ons die suiwer taal van die waarheid leer, ons verstand, of denkwyse, verander (Ro 12:2). Dit is ’n aanhoudende proses en lei tot eenheid onder God se volk. – 1Kor 1:10.