Die illustrasie van die olyfboom
Wat word deur die verskillende kenmerke van die simboliese olyfboom voorgestel?
-
Die boom: die vervulling van God se voorneme met betrekking tot die Abrahamitiese verbond
-
Die stam: Jesus, die vernaamste, of belangrikste, deel van Abraham se nageslag
-
Die takke: die volle getal van die sekondêre deel van Abraham se nageslag
-
Die ‘afgebreekte’ takke: natuurlike Jode wat vir Jesus verwerp het
-
Die takke wat “geënt” is: geesgesalfde Christene uit die nasies
Soos voorspel is, sal Abraham se nageslag – Jesus en die 144 000 – seëninge “vir mense van die nasies” bring. – Ro 11:12; Ge 22:18
Wat leer ek oor Jehovah as ek dink aan hoe hy sy voorneme met betrekking tot Abraham se nageslag vervul het?