Wat die Versoendag vir jou beteken
Wat kan ons daaruit leer dat reukwerk op die Versoendag gebruik is?
-
Die aanvaarbare gebede van Jehovah se getroue knegte is soos reukwerk (Ps 141:2). Net soos die hoëpriester die reukwerk met groot respek voor Jehovah gebring het, praat ons met ontsag en respek wanneer ons tot Jehovah bid
-
Die hoëpriester moes reukwerk brand voordat hy die offerandes kon bring. Net so moes Jesus iets doen voordat hy sy lewe as ’n offer kon gee. Hy moes die weg voorberei deur ’n lewe van integriteit en lojaliteit te lei sodat Jehovah sy offer kon aanvaar
Hoe kan ek seker maak dat my offers aan Jehovah vir hom aanvaarbaar sal wees?