Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

19-25 Mei

SPREUKE 14

19-25 Mei

Lied 89 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)

SKATTE UIT GOD SE WOORD

1. Dink mooi na oor wat jy moet doen as daar ’n ramp is

(10 min.)

Moenie “elke woord” glo wat jy hoor nie (Spr 14:15; w23.02 23 ¶10-12)

Moenie op jou gevoelens of ervaring van die verlede vertrou nie (Spr 14:12)

Moenie na dié luister wat die leiding van Jehovah se organisasie verwerp nie (Spr 14:7)

DINK HIEROOR NA: Ouermanne, is julle gereed om instruksies te volg en op Jehovah te vertrou wanneer daar ’n ramp is? – w24.07 5 ¶11.

2. Geestelike skatte

(10 min.)

  • Spr 14:29 – Wat is van die voordele om geduldig te wees? (w23.08 25 ¶16)

  • Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?

3. Bybelleesgedeelte

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

4. Begin ’n gesprek

(3 min.) OPENBARE GETUIENISWERK. Deel iets uit die Bybel met iemand wat vir jou sê dat hy bekommerd is oor die ekonomie (lmd les 3: Punt 3).

5. Volg op

(4 min.) HUIS TOT HUIS. Bied ’n tydskrif aan oor ’n onderwerp waarin die persoon gedurende die vorige gesprek belanggestel het (lmd les 9: Punt 4).

6. Maak dissipels

(5 min.) Moedig jou Bybelstudent aan om die Bybel elke dag te lees, en wys hom hoe hy sy doelwit kan bereik (th studie 19).

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lied 126

7. Wees gereed vir ’n ramp

(15 min.) Bespreking.

Moet deur ’n ouerman hanteer word. Sluit herinneringe van die takkantoor en die liggaam van ouermanne in, as dit voorsien word.

Aangesien ons “in die laaste dae” lewe, weet ons dat ons meer en meer probleme gaan hê (2Ti 3:1; studienota oor Mt 24:8 in nwtsty). Wanneer daar ’n ramp is, kry Jehovah se volk dikwels instruksies op die regte tyd wat hulle lewe kan red. Ons moet nou al gehoorsaam wees en geestelik sowel as fisies voorberei, want dit kan ons help om dan te oorleef. – Spr 14:​6, 8.

  • Hou jou verhouding met Jehovah sterk: Bou ’n goeie roetine op. Leer om verskillende vorme van velddiens te doen. Moenie paniekerig word as jy tydelik van ander in die gemeente geskei word nie (Spr 14:30). Jy is nooit afgesonder van Jehovah en Jesus nie. – od 178 ¶15-17

  • Berei fisies voor: Buiten grypsakke moet elke huisgesin ’n redelike voorraad kos, water, medisyne en soortgelyke items hê as hulle dalk vir ’n lang tyd binne moet bly. – Spr 22:3; g17.5 4

Speel die VIDEO Is jy voorbereid vir ’n ramp? Vra dan vir die gehoor:

  •   Hoe kan Jehovah ons gedurende moeilike tye help?

  •   Watter praktiese stappe kan ons neem om voor te berei?

  •   Hoe kan ons dié help wat deur rampe geraak is?

8. Gemeentelike Bybelstudie

Slotkommentaar (3 min.) | Lied 116 en gebed