Antwoorde op Bybelvrae
Hoe strek Jesus se dood ons tot voordeel?
Toe God die mens geskep het, wou hy hê dat hulle vir ewig op die aarde moet lewe sonder om ooit siek te word of te sterf. Maar die eerste mens, Adam, was ongehoorsaam aan die Skepper en het die vooruitsig op die ewige lewe verloor. As nakomelinge van Adam het ons die dood van hom geërf (Romeine 5:8, 12; 6:23). Die ware God, Jehovah, het sy Seun, Jesus, na die aarde toe gestuur om te sterf en terug te koop wat Adam verloor het.—Lees Johannes 3:16.
Jesus het gesterf om die ewige lewe vir die mens moontlik te maak. Hoe stel jy jou voor sal eindelose lewe op die aarde wees?
Jesus se dood maak vergifnis van ons sondes en eindelose lewe vir ons moontlik. Die Bybel gee ons ’n beskrywing van hoe die lewe op die aarde sal wees wanneer ons nie meer deur veroudering, siekte en die dood geteister sal word nie.—Lees Jesaja 25:8; 33:24; Openbaring 21:4, 5.
Hoe moet ons Jesus se dood herdenk?
Die aand voordat Jesus gesterf het, het hy vir sy volgelinge gesê dat hulle sy dood deur middel van ’n eenvoudige seremonie moet herdenk. As ons Jesus se dood elke jaar op hierdie manier herdenk, het ons die geleentheid om na te dink oor hoe lief Jesus en Jehovah die mensdom het.—Lees Lukas 22:19, 20; 1 Johannes 4:9, 10.