Een mite lei tot ’n ander
“PAS op”, het die apostel Paulus geskryf aan Christene wat in die tweede helfte van die eerste eeu HJ geleef het. Waarteen het hy gewaarsku? “Miskien is daar iemand wat julle as sy prooi sal wegvoer deur die filosofie en leë bedrog volgens die oorlewering van mense.”—Kolossense 2:8.
Ondanks Paulus se waarskuwing het sommige Christene vanaf die middel van die tweede eeu HJ idees wat van eertydse filosowe oorgeneem is, begin gebruik om hulle opvattings te verduidelik. Waarom? Hulle wou deur die geleerde mense van die Romeinse Ryk aanvaar word en sodoende meer bekeerlinge maak.
Justinus die Martelaar, een van die bekendste van hierdie Christene, het geglo dat God se Woordvoerder homself lank voor die koms van Jesus aan Griekse filosowe geopenbaar het. Volgens Justinus en eendersdenkende leraars het die filosofiese en mitologiese idees wat by die Christelike godsdiens gevoeg is, hierdie vorm van godsdiens waarlik universeel gemaak.
Justinus die Martelaar se vorm van die Christelike godsdiens het groot welslae daarin behaal om bekeerlinge te maak. Maar die aanvaarding van een mite het tot die skepping van ander gelei en het voortgebring wat nou algemeen as die Christelike leer aanvaar word. Om hierdie mites bloot te lê, kan jy gerus kyk wat die volgende naslaanwerke sê en dit vergelyk met wat die Bybel werklik leer.