LEWENSVERHAAL
’n Leeftyd van lesse van ons Groot Onderrigter
KONTROLEPUNTE met gewapende soldate, brandende versperrings, siklone, burgeroorloë en ontruimings. Dit is party van die gevare wat ek en my vrou ondervind het in die pionierdiens en sendingwerk. Maar ons sal nie ons lewe vir enige iets anders verruil nie! Regdeur ons hele lewe het Jehovah ons ondersteun en geseën. As ons Groot Onderrigter het hy ons ook waardevolle lesse geleer. – Job 36:22; Jes. 30:20.
DIE VOORBEELD VAN MY OUERS
In die laat 1950’s het my ouers geïmmigreer van Italië na Kindersley, in Saskatchewan, Kanada. Kort daarna het hulle die waarheid geleer, en dit het die middelpunt van ons lewens geword. Ek onthou dat ek as ’n kind lang dae in die bediening saam met my gesin gespandeer het, en daarom het ek soms gegrap en gesê dat ek op die ouderdom van agt “gehulppionier” het!
Met my gesin, omtrent 1966
My ouers was arm, maar hulle het ’n goeie voorbeeld daarin gestel om opofferings vir Jehovah te maak. Byvoorbeeld, in 1963 het hulle baie van hulle besittings verkoop om geld bymekaar te maak om die internasionale byeenkoms in Pasadena, Kalifornië, VSA, by te woon. In 1972 het ons omtrent 1 000 kilometer weggetrek na Trail, Brits-Columbië, Kanada, om in die Italiaanse veld te help. My pa was ’n opsigter. Hy het bevorderings van die hand gewys sodat hy op geestelike aktiwiteite kon fokus.
Ek is dankbaar vir die voorbeeld wat my ouers vir my en my broer en my twee susters gestel het. Dit het ’n vaste grondslag gelê vir my teokratiese opleiding, wat ’n lewenslange les ingesluit het: As ek die Koninkryk eerste soek, sal Jehovah vir my sorg. – Matt. 6:33.
DIE EERSTE SMAKIE VAN DIE VOLTYDSE DIENS
In 1980 het ek met Debbie getrou, ’n pragtige suster met duidelike geestelike doelwitte. Ons wou in die voltydse diens wees, en daarom het Debbie drie maande ná ons troue begin pionier. ’n Jaar ná ons troue het ons na ’n klein gemeente getrek waar daar hulp nodig was, en ek het saam met haar begin pionier.
Op ons troudag, 1980
Met verloop van tyd het ons mismoedig geword en besluit om te trek. Maar ons het eers met die kringopsiener gepraat. Hy het liefdevol maar Ps. 141:5). Ons het dit dadelik toegepas en kort daarna besef dat daar, om die waarheid te sê, baie positiewe aspekte was. ’n Hele paar in die gemeente wou meer vir Jehovah doen, insluitende jonges en party wat ongelowige huweliksmaats gehad het. Dit was ’n kragtige les vir ons. Ons het geleer om na die goeie te soek en om op Jehovah te wag om ’n situasie reg te stel wat dalk uitdagend lyk (Miga 7:7). Ons het ons vreugde teruggekry, en dinge het verbeter.
eerlik vir ons gesê: “Julle is deel van die probleem. Julle fokus op die negatiewe aspekte van julle situasie. Maar as julle na die positiewe dinge soek, sal julle dit vind.” Dit was net die raad wat ons nodig gehad het (Die instrukteurs in ons eerste pionierskool het in ander lande gedien. Hulle het vir ons foto’s gewys en ons vertel van die uitdagings en die seëninge wat hulle ondervind het, en as gevolg daarvan wou ons baie graag as sendelinge dien. Daarom het ons besluit om dit vir ons as ’n doelwit te stel.
By ’n Koninkryksaal in Brits-Columbië, 1983
Om daardie doelwit te bereik, het ons in 1984 na Franssprekende Quebec getrek, meer as 4 000 kilometer ver van Brits-Columbië. Dit het beteken dat ons ’n hele nuwe kultuur en taal moes leer. Nog ’n uitdaging was dat ons dikwels baie min geld gehad het. Eenkeer het ons oorleef deur oorskietaartappels in ’n boer se veld op te tel. Debbie was baie kreatief en het allerhande verskillende lekker aartappelgeregte voorberei! Ten spyte van die uitdagings, het ons daarop gefokus om met vreugde te volhard. Wat meer is, ons het gesien dat Jehovah vir ons sorg. – Ps. 64:10.
Op ’n dag het ons ’n onverwagse telefoonoproep gekry. Dit was ’n uitnodiging om by die Bethel in Kanada te dien. Ons het voorheen aansoek gedoen vir die Gileadskool, en daarom het ons gemengde gevoelens oor Betheldiens gehad. Maar ons het die uitnodiging aanvaar. Toe ons daar aankom, het ons broer Kenneth Little, ’n lid van die Takkomitee, gevra: “Wat van ons Gileadaansoekvorms?” Hy het gesê: “Ons sal daardie brug oorsteek wanneer ons daar kom.”
’n Week later was ons by daardie brug toe ek en Debbie genooi is om Gilead by te woon. So ons moes ’n besluit maak. Broer Little het vir
ons gesê: “Maak nie saak watter toewysing julle kies nie, party dae sal julle dalk wens dat julle die ander een gekies het. Een pad is nie beter nie; Jehovah kan albei seën.” Ons het die uitnodiging na Gilead aanvaar, en oor die jare het ons gesien hoe waar broer Little se raad is. Ons het dikwels sy woorde aan ander herhaal wat tussen toewysings moes kies.DIE LEWE AS SENDELINGE
(Links) Ulysses Glass
(Regs) Jack Redford
Ons was baie opgewonde om onder die 24 studente te wees in die 83ste klas van Gilead wat in Brooklyn, New York, in April 1987 gehou is. Broer Ulysses Glass en broer Jack Redford was ons hoofinstrukteurs. Vyf maande het verbygevlieg, en ons het op 6 September 1987 gegradueer. Ons is na Haïti gestuur saam met John en Marie Goode.
In Haïti, 1988
Geen Gileadsendelinge is na Haïti gestuur vanaf 1962 toe die laaste van hulle gedwing is om die land te verlaat nie. Drie weke nadat ons gegradueer het, het ons in Haïti begin dien met ’n klein gemeente van 35 verkondigers, diep in die berge. Ons was jonk en onervare, en ons het alleen in die sendinghuis gebly. Die mense was brandarm, en die meeste van hulle kon nie lees nie. Gedurende daardie vroeë dae as sendelinge was daar burgerlike onrus, pogings om die regering omver te werp, brandende versperrings en siklone.
Ons kon baie leer by die sterk, vreugdevolle broers en susters in Haïti. Baie van hulle het ’n moeilike lewe gehad, maar hulle was lief vir Jehovah en die bediening. Een bejaarde suster kon nie
lees nie, maar sy het omtrent 150 verse uit haar kop geken. Die probleme in die gebied het ons selfs meer vasbeslote gemaak om die boodskap te verkondig dat God se Koninkryk die enigste oplossing vir mense se probleme is. Dit maak ons baie bly om te sien hoe party van ons vroeë Bybelstudente nou as gewone pioniers, spesiale pioniers en ouermanne dien.Terwyl ons in Haïti was, het ek Trevor ontmoet, ’n jong Mormoonse sendeling, en ons het die geleentheid gehad om ’n paar keer oor die Bybel te gesels. Jare later het ek onverwags ’n brief van hom af ontvang. Hy het geskryf: “Ek word by die volgende byeenkoms gedoop. Ek wil teruggaan na Haïti en as ’n spesiale pionier dien in dieselfde gebied waar ek ’n Mormoonse sendeling was.” En dit is presies wat hy jare lank saam met sy vrou gedoen het.
EUROPA – TOE AFRIKA
Ek werk in Slowenië, 1994
Ons is gestuur om in ’n deel van Europa te dien waar daar al hoe minder beperkings op die predikingswerk was. In 1992 het ons in Ljubljana, Slowenië, aangekom, naby die plek waar my ouers grootgemaak is voordat hulle Italië toe getrek het. Daar was nog steeds oorlog in gebiede van die voormalige Joego-Slawië. Die takkantoor in Wene, Oostenryk, sowel as die takkantore in Zagreb, Kroasië, en Belgrado, Serwië, het toesig gehou oor die werk in die gebied. Nou sou elke onafhanklike republiek sy eie Bethelreëling hê.
Dit het beteken dat ons by nog ’n ander taal en kultuur moes aanpas. Die plaaslike mense het gesê: “Jezik je težek”, wat “Die taal is moeilik” beteken. En dit was so waar! Ons het die lojaliteit bewonder van die broers en susters wat bereid was om enige veranderinge te aanvaar wat die organisasie gemaak het, en ons het gesien hoe Jehovah hulle geseën het. Weereens het ons gesien hoe Jehovah altyd sake liefdevol regstel en hoe hy dit op die regte tyd doen. Ons jare in Slowenië het ons herinner aan die baie lesse wat ons voorheen geleer het en het ons nuwe lesse geleer.
Maar nog veranderinge het voorgelê. In 2000 is ons gestuur na Côte d’Ivoire, in Wes-Afrika. Toe
in November 2002 moes ons die gebied as gevolg van burgeroorlog verlaat en is ons na Sierra Leone geneem. Daar was ’n 11 jaar lange burgeroorlog wat so pas geëindig het. Dit was moeilik om Côte d’Ivoire so skielik te verlaat. Maar die lesse wat ons geleer het, het ons gehelp om ons vreugde te behou.Ons het gefokus op die produktiewe gebied en op ons liefdevolle broers en susters, wat jare lank oorlog verduur het. Hulle was materieel arm, maar hulle wou deel wat hulle gehad het. Een suster het vir Debbie klere aangebied. Toe Debbie huiwer om dit te aanvaar, het die suster aangedring en gesê: “Gedurende die oorlog het broers in ander lande ons ondersteun. Nou is dit ons beurt om te help.” Ons het dit ons doelwit gemaak om hulle voorbeeld na te volg.
Ons is uiteindelik terug na Côte d’Ivoire, maar die politieke probleme daar het weereens tot geweld gelei. So in November 2004 is ons met ’n helikopter verwyder, en ons elkeen het net met een 10-kilogram sak gevlug. Daardie aand het ons op die vloer by ’n Franse militêre basis geslaap, en ons het die volgende dag Switserland toe gevlieg. Toe ons omtrent middernag by die takkantoor aankom, het die Takkomitee en die instrukteurs van die Bedieningsopleidingskool en hulle vrouens ons liefdevol verwelkom met baie drukkies, ’n warm ete en baie Switserse sjokolade. Dit het ons diep geraak.
Ek praat met vlugtelinge in Côte d’Ivoire, 2005
Ons is tydelik gestuur na Ghana en toe terug na Côte d’Ivoire nadat die burgerlike onrus bedaar het. Die liefde van die broers en susters het ons gedurende hierdie stresvolle ontruimings en tydelike toewysings gehelp. Ek en Debbie het saamgestem dat ons nooit sulke broederlike liefde as vanselfsprekend sal aanvaar nie, al is dit algemeen in Jehovah se organisasie. Om die waarheid te sê, selfs daardie moeilike tye het ’n kosbare deel van ons opleiding geword.
NA DIE MIDDE-OOSTE
In die Midde-Ooste, 2007
In 2006 het ons ’n brief van die wêreldhoofkwartier gekry wat gesê het dat ons ’n nuwe toewysing in die Midde-Ooste het. Weereens het dit nuwe avonture, uitdagings, tale en kulture beteken. Daar was baie om te leer in hierdie gebied waar daar so baie probleme was as gevolg van die politiek en godsdiens. Ons was mal oor die verskeidenheid tale in die gemeentes en het gesien dat ons eenheid kan hê wanneer ons die riglyne van Jehovah se organisasie volg. Ons het die broers bewonder omdat die meeste van hulle teenstand van familielede, skoolmaats, werksmaats en bure moedig verduur het.
In 2012 het ons die spesiale byeenkoms in Tel Aviv, Israel, bygewoon. Hierdie byeenkoms was die eerste keer dat Jehovah se volk in die gebied in so ’n groot groep bymekaar gekom het ná Pinkster 33 HJ. Wat ’n onvergeetlike gebeurtenis!
Gedurende daardie jare is ons gestuur om ’n land te besoek waar ons werk beperk is. Ons het van ons lektuur saamgeneem, aan die veldbediening deelgeneem en klein byeenkomste bygewoon. Daar was oral swaargewapende soldate en
kontrolepunte, maar ons het veilig gevoel terwyl ons versigtig rondbeweeg het met die paar verkondigers.TERUG NA AFRIKA
Ek berei ’n toespraak voor in Kongo, 2014
In 2013 het ons ’n heel ander toewysing ontvang – om te dien by die takkantoor in Kinshasa, Kongo, ’n groot land vol natuurskoon, maar wat verskriklike armoede en baie oorloë ondervind het. Aan die begin het ons gesê: “Ons ken Afrika; ons is gereed.” Maar ons het nog so baie gehad om te leer, veral wanneer ons in gebiede moes reis met beperkte infrastruktuur. Ons het baie positiewe dinge gehad om op te fokus, insluitende die volharding en die vreugde van die broers ten spyte van ekonomiese probleme, hulle liefde vir die bediening en hulle moeite om vergaderinge en byeenkomste by te woon. Ons het eerstehands gesien dat die Koninkrykswerk suksesvol was net as gevolg van Jehovah se ondersteuning en seën. Ons jare van voltydse diens in Kongo het ’n groot indruk op ons gemaak en ons uitgebreide familie selfs groter gemaak.
Ons preek in Suid-Afrika, 2023
Aan die einde van 2017 het ons in nog ’n ander toewysing aangekom – Suid-Afrika. Dit is die grootste takkantoor waarin ons al ooit gedien het, en selfs ons Betheltoewysings was nuut vir ons. Weereens was daar baie om te leer, maar vorige lesse het gehelp om ons te lei. Ons is lief vir die baie broers en susters wat al dekades lank volhard. En dit is so wonderlik om te sien hoe die Bethelgesin in eenheid saamwerk, ten spyte van al die verskillende rasse en kulture. Jehovah se seëning van vrede kan duidelik gesien word terwyl sy volk die nuwe persoonlikheid aantrek en Bybelbeginsels toepas.
Oor die jare het ek en Debbie opwindende toewysings ontvang, by verskillende kulture aangepas en nuwe tale geleer. Dit was nie altyd maklik nie, maar ons het Jehovah se lojale liefde die heeltyd deur sy organisasie en die broederskap gevoel (Ps. 144:2). Ons vertrou dat die opleiding wat ons in ons voltydse diens ontvang het, ons beter knegte van Jehovah gemaak het.
Ek is baie dankbaar vir hoe my ouers my grootgemaak het; die ondersteuning van my dierbare vrou, Debbie; en die uitstekende voorbeelde onder ons wêreldwye geestelike familie. Wanneer ek en my vrou dink aan die volgende deel van ons lewe, is ons vasbeslote om aan te hou om die lesse te leer wat ons Groot Onderrigter ons wil leer.