Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Net soos ’n besigheidsman ’n sekretaris gebruik om vir hom te skryf, het God ’n paar getroue mense gebruik om die Heilige Skrif neer te skryf

Hoe die Skepper sy liefdevolle beloftes bekend maak

Hoe die Skepper sy liefdevolle beloftes bekend maak

Vandat die mens geskep is, het ons Skepper met die mens gekommunikeer deur middel van engele en profete. Hy het ook gekies om sy boodskap en beloftes te laat neerskryf. Hierdie beloftes van God raak jou toekoms. So waar kan jy God se beloftes vandag kry?

God se boodskap aan ons is in die Heilige Skrif (2 Timoteus 3:16). Hoe het God profete gebruik om sy boodskap neer te skryf? (2 Petrus 1:21). God het sy gedagtes in die verstande van die skrywers gesit, en hulle het dit dan neergeskryf. Net so vandag gebruik ’n besigheidsman ’n sekretaris om sy boodskap neer te skryf. Ons weet dat dit die besigheidsman se boodskap is. So al het God mans gebruik om sy boodskap neer te skryf, is hy die eintlike Skrywer van die Heilige Geskrifte.

GOD SE WOORD IS ORAL BESKIKBAAR

God se boodskap is so belangrik dat hy wil hê dat alle mense dit moet lees en verstaan. Vandag is sy “ewige goeie nuus” oral beskikbaar aan “elke nasie en stam en taal” (Openbaring 14:6). Met God se seën is die Heilige Geskrifte in sy geheel of gedeeltelik in meer as 3 000 tale beskikbaar. Dit is baie meer as enige ander boek op die aarde.