Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan Kambodja

’n Besoek aan Kambodja

DRYWENDE DORPIES, besige markte, strate vol motorfietse wat enigiets van lewende hoenders tot yskaste vervoer—dit is net ’n paar van die tonele en geluide wat in Kambodja voorkom.

Die mense van Kambodja is bekend vir hulle hartlikheid, vriendelikheid en hegte gemeenskappe. In alledaagse situasies spreek hulle mekaar soms aan as broer, suster, tannie, oom, ouma of oupa—al het hulle mekaar nog nooit tevore ontmoet nie!

Party Kambodjane woon in huisbote, terwyl ander in huise woon wat op hoë stelte staan of op drywende platforms gebou is. Daar is selfs drywende skole, klinieke, markte en vulstasies

Draakvrugte is gewild in Kambodja

Rys word baie in Kambodjaanse kookkuns gebruik. ’n Maaltyd bestaan gewoonlik uit drie of vier geregte en sluit dikwels sop in. Vis is baie gewild. Dit is iets algemeens om soet-, suur- en soutgeregte saam te bedien.

Omtrent tweeduisend jaar gelede het Indiese handelaars en pelgrims onderweg na China gereeld by die Kambodjaanse kus aangedoen om metale en sy te verruil vir speserye, welriekende hout, ivoor en goud. Die mense van Kambodja is mettertyd deur die Indiese en Chinese kulture beïnvloed, en gevolglik het Hindoeïsme en Boeddhisme gefloreer. Vandag is meer as 90 persent van die inwoners Boeddhiste.

Jehovah se Getuies in Kambodja verkondig ’n boodskap van hoop uit die Bybel. Hulle het al baie mense met behulp van die boek Wat leer die Bybel werklik? gehelp. Dit is beskikbaar in sowat 250 tale, insluitende Kambodjaans.

Meer as 1 500 mense in Kambodja studeer die Bybel saam met Jehovah se Getuies en vind die antwoorde op vrae soos: “Waar is die dooies?” en “Wat is God se voorneme met die aarde?”

Die boek Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies, is beskikbaar in Kambodjaans (sien prent).