Die oproep om hervorming
Die oproep om hervorming
DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN DUITSLAND
“As ek jonger was, sou ek ’n hervormingsbeweging begin het!” het Anna, ’n 80-jarige vrou in Duitsland, gesê. “Wat sou jy verander?” het Robert gevra. “Alles!” het Anna geantwoord.
BAIE voel soos Anna. ’n Opname wat in die middel-1990’s in Duitsland gedoen is, het getoon dat 2 uit elke 3 respondente voel dat ‘verreikende hervormings en belangrike maatskaplike veranderinge’ nodig is. Miskien is die situasie dieselfde in die land waar jy woon.
Wanneer die publiek op ’n verandering aandring, word hulle gewoonlik hervorming belowe. Frederick Hess, ’n assistentprofessor van opvoedkunde en staatkunde, het aangaande opvoedkundige hervorming geskryf: “Hervorming is hoofsaaklik ’n simboliese poging om ongeduldige gemeenskappe gerus te stel.” Ons lees koerantopskrifte wat planne a Ons lees ook dat die lede van party kerke aandring op die hervorming van die kerk se leerstellings.
aankondig vir belastinghervorming, gesondheidsorghervorming, landbouhervorming en wetshervorming. Ons hoor van voorgenome hervormings van die onderwys-, welsyn- en strafstelsel.Hervorming teenoor die status quo
Wat gee aanleiding tot sulke oproepe om verandering? Die mens probeer voortdurend om die wêreld om hom te verbeter. Hy het dit probeer doen deur middel van die stembrief, deur die besteding van geld, deur wetgewing en deur geweld. Dit is weens die mens se diepgewortelde begeerte om sy lot in die lewe te verbeter, om ’n beter toekoms vir sy kinders te verseker of om die samelewing te verhef sodat dit aan sy idealistiese standaard van welvaart, sedelikheid en geregtigheid voldoen. Solank daar mense is wat aan die verwoestende gevolge van onkunde, siekte, armoede en honger probeer ontsnap, sal mense op hervorming aandring.
Hoewel baie ten gunste van hervorming is, stem party nie saam met hervormers en wat hulle probeer bereik nie. Party wil hê dat die samelewing moet bly soos dit is, dat die status quo gehandhaaf moet word. Hulle beskou hervormers as idealiste wat die wêreld wil verander maar uit voeling met die werklikheid is. Die Handbuch der deutschen Reformbewegungen 1880-1933 (Handboek van die Duitse hervormingsbewegings 1880-1933) sê dat hervormers “’n maklike skyf vir kritiek, politieke tekenprente, spotprente en ironie” is. Die Franse toneelskrywer Molière het eenkeer gesê: “Die grootste dwaasheid is om die wêreld ’n beter plek te wil maak.”
Wat dink jy? Kan hervorming die wêreld ’n beter plek maak? Of is hervormers net romantiese dromers? Wat van hervormings wat in die verlede ingevoer is? Het diegene wat daarvoor verantwoordelik was, hulle doelwitte bereik? Die volgende artikels sal hierdie kwessies bespreek.
[Voetnoot]
a In ooreenstemming met die verklaarde doel van Ontwaak! “bly dit altyd neutraal wat die politiek betref”. Die doel van hierdie bespreking oor hervorming is om ons lesers in te lig en te toon wat die enigste ware oplossing vir die mensdom se probleme is.