Sing vir Jehovah—Nuwe liedere
Geniet nuwe liedere wat gebruik sal word om Jehovah God te loof en te aanbid. Laai die musiek en lirieke af, en oefen hierdie pragtige liedere.
LIED 136
Die Koninkryk regeer—Laat dit kom!
’n Pragtige Koninkrykslied om Jehovah God te loof en Koninkryksheerskappy deur Christus Jesus te erken.
LIED 137
Gee ons vrymoedigheid, Heer
In hierdie Koninkrykslied versoek ons Jehovah om ons moed te gee om met vrymoedigheid vir sy naam te getuig
LIED 138
Jehovah is u naam
Loof Jehovah se glorieryke naam en laat alle mense besef dat hy die Allerhoogste is.
LIED 139
Leer hulle om vas te staan
’n Gebed tot Jehovah God vir sy beskermende sorg en sy hulp om getrou te volhard in die wedloop om die lewe.
LIED 140
Die lewe van ’n pionier
Gee uiting aan jou lojale liefde vir Jehovah en die vreugde wat jy ervaar in bevredigende werk en die lewenswyse wat jy liefhet.
LIED 141
Op soek na vriende van vrede
’n Bemoedigende, vreugdevolle lied oor ons liefde vir mense en hoe deeglik ons soek na God se kosbare skape.
LIED 142
Preek vir alle soorte mense
Sing oor Jehovah se goedheid en die rol wat ons daarin speel om alle soorte mense te nooi om God se vriende te word.
LIED 145
Gereed om te preek
Dit is maklik om by die huis te bly, maar ons kan die nodige krag kry om te gaan preek.
LIED 146
Julle het dit vir my gedoen
Wanneer ons liefde aan Jesus se broers betoon en hulle ondersteun, is dit asof ons dit vir Jesus doen.
LIED 147
’n Spesiale besitting
Jehovah koester sy geesgesalfde kinders, en hulle doen graag wat hy wil hê.
LIED 148
Die gawe van u Seun
Dank Jehovah vir die kosbaarste gawe wat hy ons gegee het. Dit gee almal hoop.
LIEDERE 149
Dankbaar vir die losprys
Die losprys—die grootste bewys van God se liefde—gee ons rede om ewig dankbaar te wees teenoor Jehovah.
LIED 150
Ons doen ons bes
Spreek jou begeerte uit om Jehovah te dien waar hy jou ook al kan gebruik.
LIED 151
Die openbaring van die seuns van God
Ons sien gretig uit na die dag wanneer Jehovah Christus se broers die hemelse opstanding sal gee sodat hulle saam met hom kan oorwin en hulle beloning kan ontvang.
LIED 152
U gee ons hoop en krag
Wanneer ons angstig voel, kan ons op God vertrou. Hy sal ons krag en hoop gee.
LIED 153
Hoe laat dit jou voel?
Hoe voel jy wanneer jy weet dat jy jou bes gedoen het om die hart van opregte mense te bereik?
LIED 154
Ons sal volhard
’n Lied wat ons help om te volhard en Jehovah tot die einde toe getrou te dien.