LIED 99
Duisende broers
-
1. Duisende broers, ja, miljoene,
dien God Jehovah nou.
Elkeen is ’n getuie
en bly lojaal, getrou.
Duisende broers en susters
dien ook in eenheid saam.
Uit elke nasie en stam en taal,
loof ons nou God se naam.
-
2. Duisende broers dien tesame
en preek dat almal hoor.
‘Nuus van iets baie beter’
dra ons aan mense oor.
Soms raak ons dalk mismoedig,
soms voel ons onder druk.
Jesus beloof dat ons rus sal vind
onder sy sagte juk.
-
3. Duisende broers loof Jehovah,
hy gee op almal ag.
Hier in sy aardse voorhof
dien ons hom dag en nag.
Duisende broers en susters
preek almal so getrou.
Gods medewerkers het ons geword,
ons wil sy guns behou.
(Sien ook Jes. 52:7; Matt. 11:29; Op. 7:15.)