LIED 41
Hoor my gebed
(Psalm 54)
-
1. Hemelse Vader, hoor tog my woord.
U is my God, aan wie ek behoort.
Groot is u naam, volmaak is u wet.
(REFREIN)
Vader Jehovah, hoor my gebed.
-
2. Dankie, o God, vir dié lewensdag.
U gee my lewe, hou oor my wag.
Dankie dat u getrou op my let.
(REFREIN)
Vader Jehovah, hoor my gebed.
-
3. Ek vra dat u my treë aanhou rig.
Help my om steeds te wandel in lig.
Gee my die krag wat ek nodig het.
(REFREIN)
Vader Jehovah, hoor my gebed.
(Sien ook Eks. 22:27; Ps. 106:4; Jak. 5:11.)