LIED 158
“Dit sal nie laat wees nie!”
1. Wonders al om ons –
alles só perfek!
U’t als met geduld
ontwerp en toe geskep.
U sal als bewaar –
die aarde sal bly staan.
U wag met geduld
om als weer nuut te maak.
(REFREIN)
Ons sien só uit daarna
dat u als weer nuut gaan maak.
Gee ons geduld om te wag.
U het ’n dag gekies
en “dit sal nie laat wees nie!”
Maak nie saak hoe lank dit vat,
ons sal daarvoor wag!
2. ‘U sal hulle roep,
hulle sal u hoor’,
en t’rugkom na ons.
Ons almal wag daarvoor.
Ons weet u wag ook,
want u’t hul liefgehad.
Gee ons die geduld
om saam met u te wag.
(REFREIN)
Ons sien só uit daarna
dat u als weer nuut gaan maak.
Gee ons geduld om te wag.
U het ’n dag gekies
en “dit sal nie laat wees nie!”
Maak nie saak hoe lank dit vat,
ons sal daarvoor wag!
3. U soek met geduld
dié wat u ook soek.
U wil hulle red,
u wag om dit te doen.
Ons sal iemand leer
as u hulle trek.
Hoe dankbaar is ons
om saam met u te werk!
(REFREIN)
Ons sien só uit daarna
dat u als weer nuut gaan maak.
Gee ons geduld om te wag.
U het ’n dag gekies
en “dit sal nie laat wees nie!”
Maak nie saak hoe lank dit vat,
ons sal daarvoor wag!
Vader, help ons om te wag!
(Sien ook Kol. 1:11.)