Stop en kyk op
Laai af:
1. Almal van ons raak rustig, ons hoor die vuur wat brand.
Al ons spanning raak stil, want ons elkeen deel al die skatte in ons hart.
Om te dink en praat oor God – oor hoe hy vir ons sorg –
maak ons dankbaar en bly oor hoe hy vir ons wys hy’s vreeslik lief vir ons.
(REFREIN)
Dis so goed om te dink aan hoe God ons seën –
op te kyk, als in fokus te kry.
En balans te vind, weer reg te dink. So ons stop
en dink oor ons God –
stop en kyk op.
2. In die maanlig en die stilte swel ons harte diep in ons.
Ja, ons wil hom loof vir sy ‘gawes van bo’, prys vir sy liefde en sorg.
So ons kyk verby ons toetse – ons hoop brand in ons hart.
Ek en jy kan bly staan, want sy arms is daar en hy hou ons deur als vas.
(REFREIN)
Dis so goed om te dink aan hoe God ons seën –
op te kyk, als in fokus te kry.
En balans te vind, weer reg te dink. So ons stop
en dink oor ons God –
stop en kyk op.
Stop en kyk op,
stop en kyk op.
(REFREIN)
Dis so goed om te dink aan hoe God ons seën –
op te kyk, als in fokus te kry.
En balans te vind, weer reg te dink. So ons stop
en dink oor ons God –
stop en kyk op.
(SLOT)
Stop en kyk op, kyk om jou rond.
Ja, dink aan ons God.
Stop en kyk op, kyk om jou rond.
Ja, stop; dink oor ons God –
stop en kyk op.