Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ek leef om u te dien! (Byeenkomsliedjie vir 2025)

Ek leef om u te dien! (Byeenkomsliedjie vir 2025)

(Psalm 40:8)

Laai af:

  1. 1. Toe u Seun u stem ná sy doop hoor,

    is sy hart met blydskap gevul.

    Om u wil te doen, was sy vreugde –

    hy wou lof aan u naam bring.

    Hy het sterk bly staan voor versoeking

    en u altyd trots geprys.

    Hy’t u als gegee wat hy kon gee,

    en ek wil graag wees soos hy.

    (REFREIN)

    My God, ek leef om u te dien!

    Ek doen u wil met hart en siel.

    So, vreugde brand hier in my hart,

    want u diens het ek so lief.

    My God, ek leef om u te dien.

    En in u diens help u my sien

    u’s lief vir my, u’s aan my sy.

    Ek’s vol vreugde, want ek kies

    om u te dien.

  2. 2. Toe ek u leer ken, o Jehovah,

    het ek ware vreugde gevind.

    Ek’s so trots om u te verdedig,

    om te lewe in u lig.

    Wanneer ek u saam met my broers dien,

    voel ek: ‘Dis die lewe dié!’

    Ek wil u naam altyd verheerlik

    en my beste gee vir u!

    (REFREIN)

    My God, ek leef om u te dien!

    Ek doen u wil met hart en siel.

    So, vreugde brand hier in my hart,

    want u diens het ek so lief.

    My God, ek leef om u te dien.

    En in u diens help u my sien

    u’s lief vir my, u’s aan my sy.

    Ek’s vol vreugde, want ek kies

    om u te dien.

    Ek leef om u te dien!

(Sien ook Ps. 40:3, 10.)