Spreuke 3:1-35

  • Wees wys en vertrou op Jehovah (1-12)

    • Eer Jehovah met waardevolle dinge (9)

  • Wysheid bring geluk (13-18)

  • Wysheid bring veiligheid (19-26)

  • Gepaste gedrag teenoor ander (27-35)

    • “Moenie die goeie terughou” (27)

3  My seun, moenie vergeet wat ek jou leer nie,*en gehoorsaam my gebooie met jou hele hart,   want dan sal jy ’n lang leween vrede geniet.+   Moenie dat lojale liefde en getrouheid* jou verlaat nie.+ Bind dit om jou nek. Skryf dit op jou hart.*+   Dan sal jy die goedkeuring van God en van mense geniet,en hulle sal jou beskou as iemand met insig.+   Vertrou op Jehovah+ met jou hele hart,en moenie op jou eie begrip staatmaak nie.+   Neem hom in ag in alles wat jy doen,+en hy sal jou paaie gelykmaak.+   Moenie wys word in jou eie oë nie.+ Vrees Jehovah en vermy wat sleg is.   Dit sal vir jou* genesing bringen vir jou* nuwe krag gee.   Eer Jehovah met jou waardevolle dinge+en met die beste* van jou hele oes.*+ 10  Dan sal jou voorraadskure heeltemal vol wees,+en jou vate* sal oorloop van nuwe wyn. 11  My seun, moenie die dissipline van Jehovah verwerp nie,+en moenie sy teregwysing haat nie,+ 12  want Jehovah dissiplineer dié wat hy liefhet,+net soos ’n pa ’n geliefde seun dissiplineer.+ 13  Gelukkig is die mens wat wysheid vind+en die mens wat insig verkry. 14  Om dit te verkry, is beter as om silwer te verkry,en om dit te besit, is beter as om goud te besit.+ 15  Dit is kosbaarder as korale.* Niks wat jy begeer, kan daarmee vergelyk word nie. 16  Met die een hand gee wysheid ’n lang lewe,en met die ander hand rykdom en eer. 17  Sy weë is aangenaam,en al sy paaie is vreedsaam.+ 18  Dit is ’n boom van die lewe vir dié wat dit vasgryp,en dié wat dit stewig vashou, sal gelukkig genoem word.+ 19  Jehovah het die fondamente van die aarde met wysheid gelê.+ Hy het die hemele met insig stewig gevestig.+ 20  Deur sy kennis is die waterdieptes geskeien het dou uit die bewolkte lug gedrup.+ 21  My seun, hou dit* altyd in gedagte. Bewaar praktiese wysheid en denkvermoë. 22  Dit sal vir jou lewe geeen ’n versiering om jou nek wees. 23  Dan sal jy veilig op jou pad loop,en jy sal nie struikel* nie.+ 24  Wanneer jy gaan lê, sal jy nie bang wees nie.+ Jy sal gaan lê, en jy sal rustig slaap.+ 25  Jy sal nie bang wees vir ’n skielike ramp+of vir die storm wat die goddeloses sal tref nie.+ 26  Want Jehovah sal jou vertroue wees.+ Hy sal keer dat jy in ’n strik beland.+ 27  Moenie die goeie terughou van dié wat dit nodig het*+as dit vir jou moontlik is om te help nie.+ 28  Moenie vir iemand sê: “Gaan eers weg, en kom later terug! Ek sal jou môre help,”as jy nou kan help nie. 29  Moenie beplan om iets slegs te doen aan iemand+wat vol vertroue by jou woon nie. 30  Moenie sonder rede met iemand stry+as hy niks aan jou gedoen het nie.+ 31  Moenie jaloers raak op ’n gewelddadige man nie,+en moenie doen wat hy doen nie. 32  Want Jehovah haat mense wat bedrieglik is,+maar hy is ’n goeie vriend van dié wat reg lewe.+ 33  Jehovah vervloek die huis van die goddeloses,+maar hy seën die huis van die regverdiges.+ 34  Hy bespot dié wat spot,+maar hy gee sy goedkeuring aan die nederiges.+ 35  Die wyses sal eer ontvang,maar die dwase is trots op dinge wat tot skande lei.+

Voetnote

Of “moenie my wet vergeet nie”.
Of “waarheid”.
Of “die tablet van jou hart”.
Lett. “jou naeltjie”.
Lett. “jou gebeente”.
Of “inkomste”.
Of “eerstelinge”. Sien Woordelys.
Of “wynperse”.
Verwys blykbaar na God se eienskappe wat in die vorige verse genoem word.
Of “sal nooit jou voet teen iets stamp”.
Of “dié aan wie dit toekom”.