Spreuke 15:1-33
15 ’n Sagte antwoord laat woede bedaar,+maar harde woorde* laat woede opvlam.+
2 Die tong van die wyses maak goed gebruik van kennis,+maar dwaasheid borrel uit die mond van die dwase.
3 Die oë van Jehovah is oral.
Hy hou die slegtes en die goeies dop.+
4 ’n Kalm* tong is ’n boom van die lewe,+maar ’n slegte tong veroorsaak moedeloosheid.*
5 ’n Dwaas steur hom nie aan sy pa se dissipline nie,+maar ’n verstandige persoon aanvaar teregwysing.+
6 Die huis van die regverdige is vol skatte,maar wat die goddelose inbring, bring vir hom moeilikheid.+
7 Die lippe van die wyses versprei kennis,+maar dit is nie die geval met die hart van die dwase nie.+
8 Die offerande van die goddeloses is vir Jehovah afskuwelik,+maar die gebed van die getroues is vir hom aangenaam.+
9 Jehovah haat die weg van die goddelose,+maar hy is lief vir die eenwat regverdigheid nastreef.+
10 Die een wat die weg verlaat, hou nie van dissipline nie,+maar iemand wat teregwysing haat, sal sterf.+
11 Jehovah kan tot in die Graf* en die plek van vernietiging* sien.+
Hoeveel te meer kan hy sien wat in die harte van mense is!+
12 Die spotter is nie lief vir die een wat hom teregwys nie.+
Hy sal nie die wyses vir raad vra nie.+
13 ’n Vreugdevolle hart laat ’n mens gelukkig lyk,maar ’n hart vol pyn breek ’n mens se gees.+
14 Die verstandige hart soek na kennis,+maar die mond van die dwaas streef dwaasheid na.+
15 Vir die een wat swaarkry, is elke dag sleg,+maar vir die een met ’n vrolike hart is die lewe ’n fees.+
16 Dit is beter om min te hê en Jehovah te vrees+as om groot rykdom en baie bekommernisse te hê.+
17 ’n Bak groente waar daar liefde is,+is beter as ’n vetgemaakte bul waar daar haat is.+
18 ’n Man wat gou kwaad word, maak moeilikheid,+maar die een wat nie gou kwaad word nie, laat stryery ophou.+
19 Die weg van die luiaard is soos ’n doringheining,+maar die pad van die getroues is gelyk.+
20 ’n Wyse seun maak sy pa bly,+maar ’n dwase mens het geen respek vir sy ma nie.+
21 Dwaasheid is ’n vreugde vir iemand wat onverstandig is,+maar die mens wat insig het, bly op die regte pad.+
22 Planne misluk as ’n saak nie bespreek word nie,maar as daar baie raadgewers is, lei dit tot sukses.+
23 ’n Man is bly as hy die regte antwoord gee,+en hoe goed is ’n woord op die regte tyd tog!+
24 Die pad van die lewe loop opwaarts vir iemand met insig.+
Dit lei hom weg van die Graf* daar onder.+
25 Jehovah sal die huis van hoogmoedige mense afbreek,+maar hy sal die grens van die weduwee beskerm.+
26 Jehovah haat die planne van die goddelose,+maar aangename woorde is vir Hom rein.+
27 Die een wat op ’n oneerlike manier wins maak, bring moeilikheid* oor sy eie huisgesin,+maar die een wat omkopery haat, sal bly lewe.+
28 Die hart van die regverdige dink mooi* voordat hy antwoord,+maar die mond van die goddeloses laat slegte dinge uitborrel.
29 Jehovah is ver van die goddeloses af,maar hy luister na die gebed van die regverdiges.+
30 Oë wat straal van vreugde, maak die hart bly.
’n Goeie berig doen ’n mens goed.*+
31 Die een wat na lewegewende teregwysing luister,voel tuis by die wyses.+
32 Iemand wat dissipline verwerp, haat sy eie lewe,+maar die een wat na teregwysing luister, verkry insig.+
33 Vrees vir Jehovah leer ’n mens wysheid,+en nederigheid lei tot eer.+
Voetnote
^ Of “woorde wat pyn veroorsaak”.
^ Of “Genesende”.
^ Of “breek die gees”.
^ Of “en Abaddon”.
^ Of “skande”.
^ Of “dink na”.
^ Lett. “maak die gebeente vet”.