Spreuke 11:1-31
11 ’n Bedrieglike weegskaal is vir Jehovah afskuwelik,maar akkurate gewigte maak hom bly.+
2 Oneer kom oor dié wat vermetel* is,+maar wysheid is by dié wat beskeie is.+
3 Die getroues word deur hulle integriteit* gelei,+maar die valsheid van die bedrieglikes sal tot hulle vernietiging lei.+
4 Rykdom sal niks help op die dag van woede nie,+maar regverdigheid sal ’n mens van die dood red.+
5 Die regverdigheid van die getroues maak hulle pad gelyk,maar die goddeloosheid van die goddeloses sal tot hulle ondergang lei.+
6 Die regverdigheid van dié wat reg lewe, sal hulle red,+maar dié wat bedrieglik is, sal deur hulle eie begeertes gevang word.+
7 Wanneer ’n goddelose mens sterf, verdwyn sy hoop,en vertroue op sy krag kom ook tot ’n einde.+
8 Die regverdige word uit moeilikhede gered,en die goddelose neem sy plek in.+
9 Die mond van die afvallige* veroorsaak sy medemens se ondergang,maar deur kennis word die regverdiges gered.+
10 Die goedheid van die regverdiges maak ’n stad vreugdevol,en wanneer die goddeloses sterf, is daar ’n vreugdevolle uitroep.+
11 Weens die seën van die getroues word ’n stad belangrik,+maar die mond van die goddeloses breek dit af.+
12 Die een wat onverstandig is, verkleineer* sy medemens,maar die man wat insig het, bly stil.+
13 ’n Lasteraar praat oor vertroulike dinge,+maar die betroubare persoon kan iets vertroulik hou.*
14 Sonder wyse leiding gaan die volk onder,maar met baie raadgewers word sukses* behaal.+
15 Dit sal beslis sleg gaan met iemand wat vir ’n vreemdeling borg staan,+maar die een wat nie so ’n ooreenkoms maak nie,* sal veilig wees.
16 ’n Vrou met ’n mooi geaardheid verkry eer,+maar genadelose manne kry rykdom in die hande.
17 ’n Goedhartige man* vind baat by sy goedhartigheid,*+maar die wrede man bring moeilikheid* oor homself.+
18 Die goddelose ontvang ’n waardelose loon,+maar die een wat regverdigheid saai, ontvang ’n ware beloning.+
19 Die een wat vir regverdigheid vasstaan, is op pad na die lewe,+maar die een wat slegte dinge najaag, is op pad na die dood.
20 Dié wat ’n slegte hart het, is vir Jehovah afskuwelik,+maar dié wat ’n rein lewe lei, gee hom vreugde.+
21 Hiervan kan jy seker wees: ’n Goddelose mens sal nie ongestraf bly nie,+maar die kinders van die regverdige sal wegkom.
22 Soos ’n goue ring in ’n vark se snoet,so is ’n mooi vrou wat nie haar verstand gebruik nie.
23 Die begeerte van die regverdiges lei na die goeie,+maar die dinge waarop die goddeloses hoop, lei tot God se woede.
24 Daar is een wat baie gee en meer bykry.+
’n Ander gee nie wat hy behoort te gee nie en word arm.+
25 Die vrygewige persoon sal voorspoedig wees,+en die een wat ander versterk,* sal self versterk word.+
26 Die volk sal die een vervloek wat graan terughou,maar hulle sal die een seën wat dit verkoop.
27 Die een wat hom inspan om te doen wat goed is, soek goedkeuring,+maar die een wat slegte dinge najaag, sal deur slegte dinge getref word.+
28 Die een wat op sy rykdom vertrou, sal tot ’n val kom,+maar die regverdige sal floreer soos groen blare.+
29 Iemand wat probleme* oor sy huisgesin bring, sal net die wind erf,+en die dwaas sal die slaaf word van die wyse persoon.*
30 Die dade van die regverdige is ’n boom van die lewe,+en die een wat siele* wen, is wys.+
31 As die regverdige op die aarde ontvang wat hom toekom,dan sal dit beslis die geval wees met die goddelose en die sondaar!+
Voetnote
^ Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.
^ Of “goddelose”.
^ Of “sien neer op”.
^ Lett. “bedek ’n saak”.
^ Of “redding”.
^ Lett. “wat dit haat om hand te skud”.
^ Of “’n Man wat lojale liefde betoon”.
^ Of “doen goed aan sy eie siel”.
^ Of “skande”.
^ Lett. “wat vryelik water gee”.
^ Of “skande”.
^ Lett. “die een wat wys van hart is”.