Psalms 66:1-20

  • God se ontsagwekkende werke

    • ‘Kom en sien God se werke’ (5)

    • “Ek sal my geloftes aan u betaal” (13)

    • God luister na gebede (18-20)

Vir die musiekleier. ’n Lied. ’n Melodie. 66  Loof God en roep van vreugde uit, almal op aarde.+   Sing liedere* om sy glorieryke naam te loof. Gee hom heerlikheid en prys hom.+   Sê vir God: “Hoe ontsagwekkend is u werke tog!+ As gevolg van u groot kragsal u vyande voor u kruip.+   Die hele aarde sal voor u neerbuig.+ Hulle sal lofliedere vir u sing. Hulle sal liedere sing om u naam te loof.”+ (Sela)   Kom en sien die werke van God. Sy dade vir die mensekinders is ontsagwekkend.+   Hy het die see in droë land verander.+ Hulle het te voet deur die rivier gegaan.+ Daar was ons bly as gevolg van hom.+   Hy regeer vir ewig+ deur sy mag. Hy hou sy oog op die nasies.+ Dié wat hardkoppig is, moenie op ander neersien nie.+ (Sela)   Loof ons God, o volke,+en laat die geluid van sy lof gehoor word.   Hy bewaar ons lewe.+ Hy laat nie toe dat ons voete struikel* nie.+ 10  Want u het ons ondersoek, o God.+ Soos silwer gesuiwer word, so het u ons gesuiwer. 11  U het ons in ’n vangnet laat beland. U het ’n swaar las op ons* geplaas. 12  U het toegelaat dat die sterflike mens oor ons* ry. Ons het deur vuur en deur water gekom. Toe het u ons na ’n plek van verligting gebring. 13  Ek sal met heelbrandoffers in u huis ingaan.+ Ek sal my geloftes aan u betaal+ 14  wat my lippe belowe het+en wat my mond gesê het toe ek in groot moeilikheid was. 15  Ek sal vetgemaakte diere as heelbrandoffers aan u bring,saam met die rook van skaapramme wat geoffer word. Ek sal bulle saam met bokramme offer. (Sela) 16  Kom luister, julle almal wat God vrees,en ek sal julle vertel wat hy vir my gedoen het.+ 17  Ek het tot hom geroep met my monden hom verheerlik met my tong. 18  As ek iets skadeliks in my hart gekoester het,sou Jehovah nie na my geluister het nie.+ 19  Maar God het wel gehoor.+ Hy het aandag geskenk aan my gebed.+ 20  Mag God geloof word, wat my gebed nie verwerp het nieen sy lojale liefde nie van my teruggehou het nie.

Voetnote

Of “Maak musiek”.
Of “wankel”.
Lett. “ons heupe”.
Lett. “ons kop”.