Psalms 122:1-9

  • Gebed vir vrede van Jerusalem

    • Vreugde om na Jehovah se huis te gaan (1)

    • Stad wat hegte eenheid vorm (3)

’n Lied van die opgange. Van Dawid. 122  Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van Jehovah.”+   En nou staan ons voetein jou poorte, o Jerusalem.+   Jerusalem is gebou as ’n stadwat ’n hegte eenheid vorm.+   Die stamme het daarheen opgegaan,die stamme van Jah,*in ooreenstemming met die herinnering vir Israel,om die naam van Jehovah te loof.+   Want trone is daar opgestel vir die oordeel,+trone van die huis van Dawid.+   Bid vir die vrede van Jerusalem.+ Dié wat jou liefhet, o stad, sal veilig wees.   Mag daar altyd vrede wees binne jou versterkte mure,*veiligheid in jou versterkte torings.   Ter wille van my broers en my vriende sal ek sê: “Mag daar vrede in jou wees.”   Ter wille van die huis van Jehovah ons God+sal ek die goeie vir jou soek.

Voetnote

“Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.
Of “jou skanse”.