Psalms 118:1-29
118 Dank Jehovah, want hy is goed.+
Sy lojale liefde duur vir ewig.
2 Laat Israel nou sê:
“Sy lojale liefde duur vir ewig.”
3 Laat dié van die huis van Aäron nou sê:
“Sy lojale liefde duur vir ewig.”
4 Laat dié wat Jehovah vrees, nou sê:
“Sy lojale liefde duur vir ewig.”
5 Ek het Jah* in moeilike omstandighede aangeroep.
Jah het my geantwoord en my na ’n plek van veiligheid* gebring.+
6 Jehovah is aan my kant. Ek sal nie bang wees nie.+
Wat kan ’n mens aan my doen?+
7 Jehovah is aan my kant as my helper.*+
Ek sal die ondergang sien van dié wat my haat.+
8 Dit is beter om beskerming by Jehovah te soek
as om op mense te vertrou.+
9 Dit is beter om beskerming by Jehovah te soekas om op prinse te vertrou.+
10 Al die nasies het my omsingel,maar in die naam van Jehovahhet ek hulle teruggedryf.+
11 Hulle het my omsingel, ja, ek was heeltemal omsingel,maar in die naam van Jehovahhet ek hulle teruggedryf.
12 Hulle het my omsingel soos bye,maar hulle is so vinnig geblus soos ’n vuur wat tussen dorings brand.
In die naam van Jehovahhet ek hulle teruggedryf.+
13 Hulle* het my hard gestamp om my te laat val,maar Jehovah het my gehelp.
14 Jah is my skuiling en my krag,en hy het my redding geword.+
15 Die geluid van vreugde en redding*is in die tente van die regverdiges.
Die regterhand van Jehovah openbaar sy krag.+
16 Die regterhand van Jehovah is hoog opgelig.
Die regterhand van Jehovah openbaar sy krag.+
17 Ek sal nie sterf nie, nee, ek sal lewe,om die werke van Jah bekend te maak.+
18 Jah het my streng gedissiplineer,+maar hy het my nie aan die dood oorgelewer nie.+
19 Maak vir my die poorte van regverdigheid oop.+
Ek sal daardeur ingaan en Jah prys.
20 Dit is die poort van Jehovah.
Die regverdiges sal daardeur ingaan.+
21 Ek sal u prys, want u het my geantwoord,+en u het my redding geword.
22 Die steen wat die bouers verwerp het,het die belangrikste hoeksteen* geword.+
23 Dit het van Jehovah af gekom,+en dit is wonderlik in ons oë.+
24 Dit is die dag wat Jehovah gemaak het.
Ons sal bly wees en vreugdevol wees.
25 Jehovah, red ons, asseblief, ons smeek u!
Jehovah, gee ons die oorwinning, asseblief!
26 Geseënd is die een wat in die naam van Jehovah kom.+
Ons seën julle uit die huis van Jehovah.
27 Jehovah is God.
Hy gee ons lig.+
Gaan saam met die feestelike optog met takke in julle hand,+tot by die horings van die altaar.+
28 U is my God, en ek sal u prys.
My God, ek sal u verheerlik.+
29 Dank Jehovah,+ want hy is goed.
Sy lojale liefde duur vir ewig.+
Voetnote
^ “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.
^ Of “ruim plek”.
^ Of moontlik “saam met dié wat my help”.
^ Of moontlik “Jy”.
^ Of “oorwinning”.
^ Lett. “die hoof van die hoek”.