Job 10:1-22

  • Job antwoord verder (1-22)

    • ‘Hoekom stry God teen my?’ (2)

    • God word met sterflike Job vergelyk (4-12)

    • ‘As ek maar net verligting kan vind’ (20)

10  “Ek haat my lewe.+ Ek sal kla oor my probleme. Ek sal praat omdat ek bitterlik ly!   Ek sal vir God sê: ‘Moet my nie skuldig verklaar nie. Sê vir my hoekom u teen my stry.   Vind u daarby baat om my te onderdruk,om die werk van u hande te haat,+terwyl u die planne van die goddeloses goedkeur?   Het u oë soos dié van ’n mens? Of sien u soos ’n mens sien?   Is u dae soos die dae van ’n mens,of is u jare soos dié van ’n mens+   dat u soek na wat ek verkeerd gedoen heten dat u heeltyd na my sonde soek?+   U weet dat ek nie skuldig is nie.+ En niemand kan my uit u hand red nie.+   U het my met u eie hande gevorm en gemaak,+maar nou wil u my heeltemal vernietig.   Onthou asseblief dat u my uit klei gemaak het,+maar nou laat u my tot stof terugkeer.+ 10  Het u my nie in my ma geplaasen my daar gevorm nie?* 11  Met vel en vlees het u my bedeken met bene en senings het u my aanmekaargeweef.+ 12  U het my lewe gegee en lojale liefde aan my betoon. U het my lewe bewaar deur vir my te sorg.+ 13  Maar u het in die geheim beplan om hierdie dinge te doen. Ek weet dat hierdie dinge van u af kom. 14  As ek sou sondig, sou u my dophou,+en u sou nie my oortreding vergewe nie. 15  As ek skuldig is, is daar geen hoop vir my nie! En selfs as ek onskuldig is, kan ek nie my kop oplig nie,+want my oneer en lyding is te groot.+ 16  As ek my kop oplig, sal u my jag soos ’n leeu+en weer u krag teen my gebruik. 17  U bring nuwe getuies teen my,en u woede teen my raak groter,terwyl die een probleem ná die ander oor my kom. 18  Hoekom het u toegelaat dat ek gebore word?*+ Ek moes gesterf het voordat enigiemand my kon sien. 19  Dit sou gewees het asof ek nooit bestaan het nie. Ek sou reguit van die baarmoeder na die graf gegaan het.’ 20  Het ek nie min dae oor nie?+ As hy my maar net in vrede wou laaten van my wou wegkyk, sodat ek verligting kan vind*+ 21  voordat ek weggaan – en ek sal nie terugkom nie+na die land van diep donkerte,*+ 22  na die land van digte duisternis,’n land van diep skaduwee en wanorde,waar selfs die lig soos die duisternis is.”

Voetnote

Lett. “Het u my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie”.
Of “u my uit die baarmoeder laat kom”.
Of “’n bietjie vreugde kan hê”.
Of “van donkerte en doodskaduwee”.