Eksodus 40:1-38
40 Toe het Jehovah vir Moses gesê:
2 “Op die eerste dag van die eerste maand moet jy die tabernakel, die tent van samekoms, oprig.+
3 Sit die ark van die Getuienis binne-in die tent+ en skerm die Ark af met die gordyn.*+
4 Jy moet die tafel+ inbring en die dinge wat op die tafel moet wees, daarop rangskik, en jy moet die lampstaander+ inbring en sy lampe aansteek.+
5 Dan moet jy die goue reukwerkaltaar+ voor die ark van die Getuienis sit en die skerm* vir die ingang van die tabernakel op sy plek ophang.+
6 “Sit die brandofferaltaar+ voor die ingang van die tabernakel, die tent van samekoms,
7 en sit die kom tussen die tent van samekoms en die altaar, en gooi water daarin.+
8 Dan moet jy die voorhof rondom oprig+ en die skerm* vir die ingang van die voorhof ophang.+
9 Daarna moet jy die salfolie+ neem en die tabernakel salf, sowel as alles wat daarin is,+ en jy moet dit en al sy voorwerpe heilig, sodat dit iets heiligs sal word.
10 Jy moet die brandofferaltaar en al sy voorwerpe salf en die altaar heilig, sodat dit ’n besonder heilige altaar sal word.+
11 En salf die kom en sy voetstuk en heilig dit.
12 “Dan moet jy Aäron en sy seuns na die ingang van die tent van samekoms laat kom en hulle met water was.+
13 En jy moet die heilige klere vir Aäron aantrek+ en hom salf+ en hom heilig, en hy moet my as priester dien.
14 Daarna moet jy sy seuns laat nader kom en die klere vir hulle aantrek.+
15 Jy moet hulle salf net soos jy hulle pa gesalf het,+ sodat hulle my as priesters kan dien, en hulle salwing sal vir hulle, in al hulle geslagte, as ’n teken van ’n permanente priesterskap dien.”+
16 Moses het gedoen volgens alles wat Jehovah hom beveel het.+ Hy het net so gedoen.
17 In die eerste maand, in die tweede jaar, op die eerste dag van die maand, is die tabernakel opgerig.+
18 Toe Moses die tabernakel opgerig het, het hy die voetstukke+ neergesit, die paneelrame opgerig,+ die stawe+ ingesit en die pilare opgerig.
19 Hy het die tent+ oor die tabernakel uitgesprei en die bedekking+ van die tent daar bo-oor gesit, net soos Jehovah Moses beveel het.
20 Daarna het hy die Getuienis+ geneem en dit in die Ark+ gesit en die pale+ van die Ark deur die ringe gesteek en die deksel+ op die Ark+ gesit.
21 Hy het die Ark in die tabernakel ingebring en die gordyn*+ wat as die skerm sou dien, op sy plek opgehang en die ark van die Getuienis+ afgeskerm, net soos Jehovah Moses beveel het.
22 Daarna het hy die tafel+ in die tent van samekoms gesit, aan die noordekant van die tabernakel buite die gordyn,*
23 en hy het die brode daarop gerangskik+ voor Jehovah, net soos Jehovah Moses beveel het.
24 Hy het die lampstaander+ in die tent van samekoms oorkant die tafel gesit, aan die suidekant van die tabernakel.
25 Hy het die lampe+ aangesteek voor Jehovah, net soos Jehovah Moses beveel het.
26 Daarna het hy die goue altaar+ in die tent van samekoms voor die gordyn* gesit
27 om geurige reukwerk+ daarop te laat rook,+ net soos Jehovah Moses beveel het.
28 Toe het hy die skerm*+ vir die ingang van die tabernakel op sy plek opgehang.
29 Hy het die brandofferaltaar+ by die ingang van die tabernakel, die tent van samekoms, gesit om die brandoffer+ en die graanoffer daarop te offer, net soos Jehovah Moses beveel het.
30 Toe het hy die kom tussen die tent van samekoms en die altaar gesit en water daarin gegooi om mee te was.+
31 Moses en Aäron en sy seuns het hulle hande en hulle voete daar gewas.
32 Wanneer hulle ook al in die tent van samekoms ingegaan het of na die altaar gegaan het, het hulle hulle gewas,+ net soos Jehovah Moses beveel het.
33 Laastens het hy die voorhof+ om die tabernakel en die altaar opgerig en die skerm* vir die ingang van die voorhof+ opgehang.
So het Moses die werk voltooi.
34 Toe het die wolk die tent van samekoms bedek, en Jehovah se heerlikheid het die tabernakel gevul.+
35 Moses kon nie in die tent van samekoms ingaan nie, want die wolk het daaroor bly hang, en Jehovah se heerlikheid het die tabernakel gevul.+
36 En gedurende die Israeliete se hele reis het hulle kamp opgebreek elke keer wanneer die wolk van die tabernakel af opgelig het.+
37 Maar as die wolk nie opgelig het nie, het hulle nie kamp opgebreek tot die dag dat dit opgelig het nie.+
38 Want gedurende hulle hele reis was Jehovah se wolk gedurende die dag oor die tabernakel en het ’n vuur gedurende die nag daaroor gebly, voor die oë van die hele huis van Israel.+
Voetnote
^ Of “voorhangsel”.
^ Of “gordyn”.
^ Of “gordyn”.
^ Of “voorhangsel”.
^ Of “voorhangsel”.
^ Of “voorhangsel”.
^ Of “gordyn”.
^ Of “gordyn”.