Die tweede boek van Kronieke 27:1-9
-
Jotam, koning van Juda (1-9)
27 Jotam+ was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het 16 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Jeruʹsa, die dogter van Sadok.+
2 Hy het bly doen wat reg is in Jehovah se oë, net soos sy pa, Ussiʹa, gedoen het,+ maar in teenstelling met sy pa het hy nie in die tempel van Jehovah ingegaan nie.+ Die volk het nietemin aangehou om goddeloos op te tree.
3 Hy het die boonste poort van Jehovah se huis gebou,+ en hy het baie bouwerk aan die muur van Ofel+ gedoen.
4 Hy het ook stede+ in die bergstreek van Juda+ gebou, en hy het vestings+ en torings+ in die bosagtige gebiede gebou.
5 Hy het oorlog gevoer teen die koning van die Ammoniete+ en het uiteindelik die oorhand oor hulle gekry, en daarom moes die Ammoniete daardie jaar vir hom 100 talente* silwer, 10 000 kor* koring en 10 000 kor gars gee. Die Ammoniete het dit ook die volgende jaar en die jaar daarna aan hom betaal.+
6 En Jotam het al hoe magtiger geword, want hy was vasbeslote om die weë van Jehovah sy God te volg.
7 Die res van die geskiedenis van Jotam, al sy oorloë en sy dade, is opgeteken in die Boek van die konings van Israel en van Juda.+
8 Hy was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het 16 jaar lank in Jerusalem regeer.+
9 Jotam het gesterf,* en hulle het hom in die Stad van Dawid+ begrawe. En sy seun Agas het in sy plek koning geword.+
Voetnote
^ Lett. “is by sy vaders neergelê”.