ONDERRIGTINGSVENSTER 13A
Verskillende tempels, verskillende lesse
Die tempel in Esegiël se visioen:
-
Word deur Esegiël vir die Jode in gevangenskap in Babilon beskryf
-
Het ’n altaar waarop baie offerandes geoffer word
-
Beklemtoon Jehovah se regverdige standaarde vir aanbidding
-
Vestig ons aandag op die geestelike herstelling wat in 1919 begin het
Die groot geestelike tempel:
-
Word deur Paulus verduidelik aan die Hebreeuse Christene
-
Het ’n altaar waarop net een offer “eens en vir altyd” geoffer is (Heb. 10:10)
-
Verduidelik wat die tabernakel en die letterlike tempels afgebeeld het – Jehovah se reëling vir rein aanbidding wat gebaseer is op die losprysoffer van Jesus Christus
-
Vestig ons aandag op die werk wat Jesus vanaf 29 tot 33 HJ as die Groter Hoëpriester gedoen het