HOOFSTUK TWEE
Die Bybel—’n Boek wat van God kom
-
In watter opsigte is die Bybel anders as enige ander boek?
-
Hoe kan die Bybel jou help om persoonlike probleme die hoof te bied?
-
Waarom kan jy die profesieë wat in die Bybel opgeteken is, vertrou?
1, 2. In watter opsigte is die Bybel ’n wonderlike geskenk van God?
KAN jy ’n geleentheid onthou toe ’n dierbare vriend vir jou ’n pragtige geskenk gegee het? Jy was waarskynlik nie net opgewonde nie, maar ook baie bly daaroor. ’n Geskenk vertel jou immers iets omtrent die gewer—dat hy of sy jou vriendskap waardeer. Jy het ongetwyfeld jou dankbaarheid vir jou vriend se geskenk uitgespreek.
2 Die Bybel is ’n geskenk van God, een waarvoor ons werklik dankbaar kan wees. Hierdie unieke boek openbaar dinge wat ons op geen ander manier sou kon uitvind nie. Dit vertel ons byvoorbeeld van die skepping van die sterrehemel, die aarde en die eerste man en vrou. Die Bybel bevat betroubare beginsels om ons te help om die probleme en bekommernisse van die lewe die hoof te bied. Dit verduidelik hoe God sy voorneme sal vervul en beter toestande op die aarde sal teweegbring. Wat ’n wonderlike geskenk is die Bybel tog!
3. Wat leer die feit dat Jehovah die Bybel voorsien het, ons omtrent hom, en waarom is dit hartverblydend?
3 Die Bybel is ook ’n hartverblydende geskenk, want dit
openbaar iets omtrent die Gewer, Jehovah God. Die feit dat hy so ’n boek voorsien het, bewys dat hy wil hê dat ons hom goed moet leer ken. Trouens, die Bybel kan jou help om nader aan Jehovah te kom.4. Wat beïndruk jou oor die verspreiding van die Bybel?
4 As jy ’n Bybel het, is jy beslis nie alleen nie. Die Bybel is in sy geheel of gedeeltelik in meer as 2 300 tale vertaal en is dus beskikbaar vir meer as 90 persent van die wêreld se bevolking. Daar word gemiddeld meer as ’n miljoen Bybels per week versprei! Miljarde eksemplare van die hele Bybel of ’n deel daarvan is al gedruk. Daar is beslis geen ander boek soos die Bybel nie.
5. Hoe is die Bybel “deur God geïnspireer”?
5 Die Bybel is ook “deur God geïnspireer” (2 Timoteus 3:16). Hoe? Die Bybel antwoord self: “Mense het uit God gespreek namate hulle deur heilige gees meegevoer is” (2 Petrus 1:21). Ter toeligting: ’n Sakeman laat dalk sy sekretaresse ’n brief skryf. Daardie brief bevat die sakeman se gedagtes en instruksies. Dit is dus eintlik sy brief, nie die sekretaresse s’n nie. Net so bevat die Bybel God se boodskap, nie dié van die mense wat dit neergeskryf het nie. Die hele Bybel is dus werklik “die woord van God”.—1 Tessalonisense 2:13.
HARMONIES EN AKKURAAT
6, 7. Waarom is die harmonie van die inligting in die Bybel besonder merkwaardig?
6 Die Bybel is oor ’n tydperk van 1 600 jaar geskryf. Die skrywers daarvan het in verskillende tye geleef en het uit verskeie agtergronde gekom. Party was boere, vissers en herders. Ander was profete, regters en konings. Die Evangelieskrywer Lukas was ’n dokter. Al het die skrywers uit soveel agtergronde gekom, is die Bybel van begin tot end harmonies. *
7 Die eerste boek van die Bybel vertel ons hoe die mensdom se probleme begin het. Die laaste boek wys dat die hele aarde ’n paradys, of tuin, sal word. Die inligting in die Bybel dek duisende jare van die geskiedenis en alles daarin hou op die een of ander manier verband met die ontvouing van God se voorneme. Die harmonie van die Bybel is indrukwekkend, maar dit is wat ons sou verwag van ’n boek wat van God kom.
8. Gee voorbeelde wat toon dat die Bybel wetenskaplik akkuraat is.
8 Die Bybel is wetenskaplik akkuraat. Dit bevat selfs inligting wat sy tyd ver vooruit was. In die boek Levitikus was daar byvoorbeeld wette vir eertydse Israel oor kwarantyn en higiëne in ’n tyd toe omliggende nasies niks geweet het van sulke sake nie. Toe mense verkeerde idees gehad het oor die vorm van die aarde, het die Bybel dit as ’n Jesaja 40:22). Die Bybel het heel tereg gesê dat die aarde ‘aan niks hang’ nie (Job 26:7). Die Bybel is natuurlik nie ’n wetenskaphandboek nie. Maar wanneer dit wetenskaplike sake aanroer, is dit akkuraat. Is dit nie wat ons sou verwag van ’n boek wat van God kom nie?
kring, of bol, beskryf (9. (a) In watter opsigte toon die Bybel dat dit geskiedkundig akkuraat en betroubaar is? (b) Wat toon die eerlikheid van die Bybelskrywers vir jou oor die Bybel?
9 Die Bybel is ook geskiedkundig akkuraat en betroubaar. Die verslae daarin is spesifiek. Dit sluit nie net mense se name in nie, maar ook hulle geslagslyn. * In teenstelling met sekulêre geskiedskrywers, wat dikwels nie die nederlae van hulle eie volk noem nie, was Bybelskrywers eerlik en het hulle selfs hulle eie tekortkominge en dié van hulle volk opgeteken. In die Bybelboek Numeri erken die skrywer Moses byvoorbeeld sy eie ernstige fout waarvoor hy streng tereggewys is (Numeri 20:2-12). Sulke eerlikheid is seldsaam in ander geskiedkundige verslae, maar dit word in die Bybel gevind omdat dit ’n boek is wat van God kom.
’N BOEK VAN PRAKTIESE WYSHEID
10. Waarom is dit nie verbasend dat die Bybel ’n praktiese boek is nie?
10 Omdat die Bybel deur God geïnspireer is, is dit “nuttig om te onderrig, om tereg te wys, om dinge reg te stel” (2 Timoteus 3:16). Ja, die Bybel is ’n praktiese boek. Dit weerspieël ’n diep insig in die menslike natuur. Geen wonder nie, want die Outeur daarvan, Jehovah God, is die Skepper! Hy verstaan ons gedagtes en emosies beter as wat ons dit self verstaan. Wat meer is, Jehovah weet wat ons nodig het om gelukkig te wees. Hy weet ook watter weë ons moet vermy.
11, 12. (a) Watter onderwerpe het Jesus in sy Bergpredikasie bespreek? (b) Watter ander praktiese sake word in die Bybel behandel, en waarom is die raad daarin tydloos?
Matteus hoofstukke 5 tot 7 opgeteken is. In hierdie meesterstuk op die gebied van onderrigting het Jesus ’n hele paar onderwerpe bespreek, byvoorbeeld hoe om ware geluk te vind, hoe om geskille op te los, hoe om te bid en hoe om die regte beskouing van materiële dinge te verkry. Jesus se woorde is vandag net so kragtig en prakties as toe hy dit gespreek het.
11 Dink byvoorbeeld aan Jesus se toespraak wat die Bergpredikasie genoem word en in12 Party Bybelbeginsels het te doen met die gesinslewe, werksgewoontes en verhoudings met ander. Die Bybel se beginsels is op alle mense van toepassing, en die raad daarin is altyd nuttig. Die wysheid wat in die Bybel gevind word, word opgesom in God se woorde deur middel van die profeet Jesaja: “Ek, Jehovah, is jou God, die Een wat jou leer om jouself te bevoordeel.”—Jesaja 48:17.
’N BOEK VAN PROFESIEË
13. Watter besonderhede het Jehovah die profeet Jesaja geïnspireer om aangaande Babilon op te teken?
13 Die Bybel bevat talle profesieë, waarvan baie reeds vervul is. Kom ons kyk na ’n voorbeeld. Deur middel van die profeet Jesaja, wat in die agtste eeu v.G.J. gelewe het, het Jehovah voorspel dat die stad Babilon vernietig sou word (Jesaja 13:19; 14:22, 23). Hy het besonderhede verstrek oor presies hoe dit sou gebeur. Invallende leërs sou Babilon se rivier laat opdroog en sonder ’n geveg die stad inmarsjeer. Dit is nie al nie. Jesaja se profesie het selfs gesê wat die naam sou wees van die koning wat Babilon sou verower—Kores.—Jesaja 44:27–45:2.
14, 15. Hoe is ’n paar besonderhede van Jesaja se profesie oor Babilon vervul?
14 Sowat 200 jaar later—gedurende die nag van 5/6 Oktober 539 v.G.J.—het ’n leër naby Babilon kamp opgeslaan. Wie was die bevelvoerder daarvan? ’n Persiese koning met die naam Kores. Alles was dus gereed vir die vervulling van ’n verbasende profesie. Maar sou Kores se leër Babilon sonder ’n geveg binneval, soos voorspel is?
15 Die Babiloniërs het daardie nag ’n fees gehou en het veilig gevoel agter hulle ontsaglike stadsmure. Intussen het Kores die water van die rivier wat deur die stad gevloei
het, weggekeer. Kort voor lank was die water vlak genoeg vir sy manne om deur die rivierbedding te loop en naby die stadsmure te kom. Maar hoe sou Kores se leër by Babilon se mure verbykom? Om die een of ander rede is die stadspoorte daardie nag nalatig oopgelos!16. (a) Wat het Jesaja voorspel oor die uiteinde van Babilon? (b) Hoe is Jesaja se profesie oor Babilon se vernietiging vervul?
16 Aangaande Babilon is daar voorspel: “Dit sal nooit bewoon word nie, ook sal dit nie van geslag tot geslag bly bestaan nie. En die Arabier sal daar nie sy tent opslaan nie, en geen herders sal hulle kuddes daar laat lê nie” (Jesaja 13:20). Hierdie profesie het nie net die val van ’n stad voorspel nie. Dit het gewys dat Babilon se vernietiging permanent sou wees. Jy kan die bewys sien dat hierdie woorde vervul is. Die onbewoonde terrein van eertydse Babilon—omtrent 80 kilometer suid van Bagdad, Irak—is ’n bewys van die vervulling van wat Jehovah deur middel van Jesaja gesê het: “Ek sal dit met die besem van verdelging wegvee.”—Jesaja 14:22, 23. *
17. Hoe is die vervulling van Bybelprofesieë geloofversterkend?
Numeri 23:19). Ons het inderdaad “hoop op die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, lank gelede beloof het”.—Titus 1:2. *
17 ’n Bespreking van hoe die Bybel ’n boek van betroubare profesieë is, is geloofversterkend, nie waar nie? As Jehovah God in die verlede sy beloftes nagekom het, het ons immers alle rede om te vertrou dat hy ook sy belofte van ’n paradysaarde sal nakom (“DIE WOORD VAN GOD IS LEWEND”
18. Watter kragtige verklaring maak die Christenapostel Paulus in verband met “die woord van God”?
18 Uit wat ons in hierdie hoofstuk bespreek het, is dit duidelik dat die Bybel waarlik ’n unieke boek is. Maar sy waarde strek baie verder as sy interne harmonie, Hebreërs 4:12.
wetenskaplike en geskiedkundige akkuraatheid, praktiese wysheid en betroubare profesieë. Die Christenapostel Paulus het geskryf: “Die woord van God is lewend en oefen krag uit en is skerper as enige tweesnydende swaard en dring selfs deur tot die skeiding van siel en gees, en van gewrigte en hulle murg, en kan gedagtes en bedoelings van die hart onderskei.”—19, 20. (a) Hoe kan die Bybel jou help om jouself te ondersoek? (b) Hoe kan jy jou dankbaarheid vir God se unieke geskenk, die Bybel, toon?
19 Wanneer ons God se “woord”, of boodskap, in die Bybel lees, kan dit ons lewe verander. Dit kan ons help om onsself te ondersoek soos nog nooit tevore nie. Ons sê dalk dat ons God liefhet, maar ons reaksie op wat sy geïnspireerde Woord, die Bybel, leer, sal ons ware gedagtes openbaar, selfs die bedoelings van ons hart.
20 Die Bybel is waarlik ’n boek wat van God kom. Dit is ’n boek wat ons moet lees, bestudeer en liefhê. Toon jou dankbaarheid vir hierdie goddelike geskenk deur aan te hou om die inhoud daarvan te ondersoek. Terwyl jy dit doen, sal jy ’n diep waardering vir God se voorneme met die mensdom verkry. Presies wat daardie voorneme is en hoe dit verwesenlik gaan word, sal in die volgende hoofstuk bespreek word.
^ par. 6 Hoewel party mense sê dat sekere dele van die Bybel ander dele daarvan weerspreek, is sulke bewerings ongegrond. Sien hoofstuk 7 van die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.
^ par. 9 Let byvoorbeeld op die uitvoerige geslagsregister van Jesus wat in Lukas 3:23-38 uiteengesit word.
^ par. 16 Vir meer inligting oor Bybelprofesieë, sien bladsye 27-9 van die brosjure ’n Boek vir alle mense, uitgegee deur Jehovah se Getuies.
^ par. 17 Die vernietiging van Babilon is net een voorbeeld van ’n vervulde Bybelprofesie. Ander voorbeelde sluit die vernietiging van Tirus en Nineve in (Esegiël 26:1-5; Sefanja 2:13-15). Daniël se profesie het ook ’n opeenvolging van wêreldmoondhede voorspel wat ná Babilon aan die bewind sou kom. Dit het Medo-Persië en Griekeland ingesluit (Daniël 8:5-7, 20-22). Sien die Aanhangsel, bladsye 199-201, vir ’n bespreking van die talle Messiaanse profesieë wat in Jesus Christus vervul is.