HOOFSTUK 42
Hoekom ons moet werk
WAARVAN hou jy die meeste, om te werk of om te speel?— Daar is regtig niks daarmee verkeerd om te speel nie. Die Bybel praat van Jerusalem wat ‘vol seuns en meisies was wat op sy openbare pleine gespeel het’.—Sagaria 8:5.
Die Groot Onderwyser het dit geniet om te kyk hoe kinders speel. Voordat hy aarde toe gekom het, het hy gesê: “Ek [het] ’n meesterwerker naas [God] geword, . . . terwyl ek die hele tyd voor hom verheug was.” Let op dat Jesus ’n werker saam met Jehovah in die hemel was. En toe hy daar was, het hy gesê: “Die dinge waarvoor ek lief was, was by die mensekinders.” Ja, soos ons al vroeër geleer het, het die Groot Spreuke 8:30, 31.
Onderwyser regtig belanggestel in almal, ook in kinders.—Dink jy dat Jesus gespeel het toe hy ’n kind was?— Hy het heel moontlik. Maar het hy ook op die aarde gewerk, aangesien hy “’n meesterwerker” in die hemel was?— Wel, Jesus is “die timmerman se seun” genoem. Maar hy is ook “die timmerman” genoem. Wat wys dit?— Josef, wat Jesus as sy seun grootgemaak het, het hom sekerlik geleer. Daarom het Jesus ook ’n timmerman geword.—Matteus 13:55; Markus 6:3.
Watter soort timmerman was Jesus?— Dink jy nie dat hy ’n meestertimmerman op die aarde geword het, aangesien hy ’n
meesterwerker in die hemel was nie?— Dink net hoe hard ’n timmerman in daardie dae moes werk. Jesus sou heel moontlik moes uitgaan, ’n boom afkap, dit in stukke kap, die hout huis toe dra en dan tafels, banke en ander goed van die hout maak.Dink jy dat dit vir Jesus lekker was om hierdie werk doen?— Sal dit jou bly maak as jy goeie tafels en stoele en ander goed kon maak wat mense kan gebruik?— Die Bybel sê dat dit vir ’n mens goed is om ‘jou in jou werke te verbly’. Werk gee jou die soort vreugde wat jy nie kan kry wanneer jy speel nie.—Prediker 3:22.
Werk is eintlik goed vir ons verstand en ons liggaam. Baie kinders sit net en kyk TV of speel videospeletjies. Hulle word vet en swak, en hulle is regtig nie gelukkig nie. En hulle maak ook nie ander mense gelukkig nie. Wat moet ons doen om gelukkig te wees?—
Ons het in Hoofstuk 17 van hierdie boek geleer dat dit ons gelukkig maak as ons vir ander mense gee en dinge doen om hulle te help (Handelinge 20:35). Die Bybel noem Jehovah “die gelukkige God” (1 Timoteus 1:11). En soos ons in Spreuke lees, was Jesus “die hele tyd voor hom verheug”. Hoekom was Jesus gelukkig?— Wel, hy het een rede gegee toe hy gesê het: “My Vader het tot nou toe aangehou werk, en ek hou aan werk.”—Johannes 5:17.
Toe Jesus op die aarde was, het hy nie sy hele lewe lank as ’n timmerman gewerk nie. Jehovah God het ’n spesiale werk vir hom gehad om op die aarde te doen. Weet jy wat dit was?— Jesus het gesê: “Ek [moet] die goeie nuus van die koninkryk van God bekend maak, want hiervoor is ek uitgestuur” (Lukas 4:43). Partykeer wanneer Jesus vir mense gepreek het, het hulle hom geglo en vir ander vertel wat hy gesê het, soos die Samaritaanse vrou wat jy hier sien, gedoen het.—Johannes 4:7-15, 27-30.
Johannes 4:34). Hoe baie hou jy daarvan om jou gunstelingkos te eet?— Dit gee jou ’n idee van hoe baie Jesus daarvan gehou het om die werk te doen wat God hom gegee het om te doen.
Hoe het Jesus daaroor gevoel om hierdie werk te doen? Dink jy hy wou dit doen?— Jesus het gesê: “My voedsel is om die wil te doen van hom wat my gestuur het en om sy werk te volbring” (God het ons so gemaak dat ons gelukkig is wanneer ons leer om te werk. Hy sê dat Sy gawe aan die mens is dat hy ‘hom in sy harde werk moet verbly’. As jy dan leer om te werk terwyl jy jonk is, sal jy jou hele lewe meer kan geniet.—Prediker 5:19.
Dit beteken nie dat ’n jong kind dieselfde werk kan doen as iemand wat ouer is nie, maar ons kan almal sekere soorte werk doen. Jou ouers gaan dalk elke dag werk toe om geld te verdien sodat julle gesin kos het om te eet en ’n huis het om in te bly. En soos jy sekerlik weet, is daar baie werk wat in en om die huis gedoen moet word om dit skoon en netjies te hou.
Watter werk is daar wat jy kan doen wat ’n seën vir die hele gesin sal wees?— Jy kan help om die tafel te dek, die skottelgoed te was, die vuilgoedblik leeg te maak, jou kamer netjies te hou en jou speelgoed te bêre. Miskien doen jy alreeds party van hierdie dinge. Daardie werk is regtig ’n seën vir die gesin.
Kom ons kyk hoe sulke werk ’n seën is. Speelgoed moet gebêre word nadat jy gespeel het. Hoekom dink jy is dit belangrik?— Dit help om die huis netjies te hou, en dit kan ook keer dat ongelukke gebeur. As jy nie jou speelgoed optel nie, loop jou ma dalk eendag met haar arms vol en trap daarop. Sy kan struikel, val en seerkry. Sy moet dan miskien selfs hospitaal toe gaan. Sou dit nie verskriklik wees nie?— Daarom is dit vir almal ’n seën wanneer jy jou speelgoed bêre nadat jy gespeel het.
Daar is ook ander werk wat kinders moet doen. Byvoorbeeld skoolwerk. By die skool leer jy om te lees. Vir party kinders is dit lekker om te lees, maar ander sê dit is moeilik. Al lyk dit aan die begin moeilik, sal jy bly wees as jy leer om goed te lees. As jy kan lees, is daar baie interessante dinge wat jy kan leer. Jy sal selfs God se eie boek, die Bybel, self kan lees. As jy dan jou skoolwerk goed doen, is dit regtig ’n seën, nie waar nie?—
Daar is party mense wat probeer om glad nie te werk nie. Miskien ken jy so iemand. Maar God het ons gemaak om te werk, en daarom moet ons leer hoe om dit te geniet. Hoe baie het die Groot Onderwyser sy werk geniet?— Dit was soos om sy gunstelingkos te eet. En van watter werk het hy gepraat?— Om vir ander te vertel van Jehovah God en hoe hulle die ewige lewe kan kry.
Hier is nou iets wat ons kan help om werk te geniet. Vra jou af: ‘Hoekom moet hierdie werk gedoen word?’ Wanneer jy weet hoekom iets belangrik is, is dit makliker om dit te doen. En of die werk baie of min is, doen jou bes. As jy dit doen, kan jy jou in die werk van jou hande verbly, net soos ons Groot Onderwyser gedoen het.
Die Bybel kan ’n mens help om ’n goeie werker te word. Lees wat dit sê in Spreuke 10:4; 22:29; Prediker 3:12, 13 en Kolossense 3:23.