GLANSPUNTE VAN DIE AFGELOPE JAAR
Koninkryksaalbouwerk word bespoedig
HOE opwindend is dit tog om te sien dat Jehovah die uitbreiding van ware aanbidding regoor die wêreld bespoedig! (Jes. 60:22). Gevolglik is daar voortdurend ’n groot behoefte aan meer Koninkryksale. Regoor die wêreld moet meer as 13 000 sale gebou word of groot opknappingswerk ondergaan.
Om die werk op die mees ekonomiese manier te bespoedig, het die Bestuursliggaam veranderinge in ons verskillende konstruksieafdelings aangebring. Die Wêreldkantoor vir Ontwerp en Konstruksie (WKO) wat onlangs gevorm is en vanaf die wêreldhoofkwartier in Brooklyn, New York, werk, is hard besig om te bepaal Koninkryksale vinniger en ekonomieser te bou. Hierdie kantoor lei ook takkantore in hulle gebied op om teokratiese fasiliteite wat in hulle takgebiede is, in stand te hou. En by elke takkantoor koördineer die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie (PKO) die bou en instandhouding van Koninkryksale en Byeenkomssale.
watter bou- en opknappingsprojekte regoor die wêreld voorkeur moet geniet en bespoedig moet word. Die Streekkantoor vir Ontwerp en Konstruksie (SKO) by die takkantore in Australasië, Sentraal-Europa, Suid-Afrika en die Verenigde State sien om na projekte in hulle onderskeie gebiede en gee voorkeur daaraan omIn Januarie 2015 het die ouer manne in die Verenigde State ’n opwindende vergadering deur middel van videoverbinding bygewoon waartydens ’n nuwe reëling vir die beplanning, bou en instandhouding van Koninkryksale verduidelik is. Hulle het die volgende geleer.
-
Bouwerk: Eenvormige ontwerpe en boumateriaal sal volgens plaaslike omstandighede aangepas word en sal gebaseer word op riglyne van die Uitgewerskomitee van die Bestuursliggaam. Die geboue moet min instandhouding nodig hê en duursaam wees, maar tog mooi en ekonomies.
-
Instandhouding: Vrywilligers in elke gemeente sal opgelei word om goed na ons plekke van aanbidding om te sien sodat dit lank gebruik kan word.
Ja, die omvang en grootte van die bou- en instandhoudingswerk is uitsonderlik. Maar die verenigde pogings van God se volk sal grootliks daartoe bydra om die werk te bespoedig op ’n manier wat toon dat ons vrywillige bydraes wyslik gebruik.