DIE DOMINIKAANSE REPUBLIEK
Nog predikers nodig
Die goeie nuus bereik afgesonderde gebiede
Mettertyd het nog sendelinge in die land aangekom, insluitende Pete Paschal, Amos en Barbara Parker, Richard en Belva Stoddard, wat in Bolivia gedien het, en Jesse en Lynn Cantwell van Colombia. Die sendelinge het verdere ondersteuning aan die groeiende predikingswerk verleen. Teen 1973 was daar baie vordering in die Bybelonderrigtingswerk in die dorpe en stede van die Dominikaanse Republiek, maar die goeie nuus het nog nie diegene bereik wat in afgesonderde gebiede gewoon het nie. Daarom is reëlings getref om in die geestelike behoeftes van die plattelandse bevolking te voorsien. Toe vrywilligers genooi is om twee maande lank op die platteland te preek, het 19 gewone pioniers hulle beskikbaar gestel. Tussen Desember 1973 en Januarie 1977 is groepe pioniers gestuur na plekke waar daar min of geen predikingswerk gedoen is nie.
‘Ons het publikasies vir hoenders, eiers en vrugte geruil’
’n Pionier wat aan hierdie spesiale werk deelgeneem het, het vertel: “Nadat ons ’n dag lank die Bybel se boodskap aan mense bekend gemaak en lektuur by hulle gelaat het, het ons ’n tweede dag gebruik om herbesoeke te doen by dié wat belangstelling getoon het. Aangesien die plattelandse mense nie baie geld gehad het nie, het ons publikasies geruil vir hoenders, eiers en vrugte. Jehovah het seker gemaak dat ons nooit honger ly nie.” Vir baie was dit die eerste keer dat daar ’n Bybelteks Psalm 83:18 te lees: “U, wie se naam Jehovah is, U alleen [is] die Allerhoogste oor die hele aarde”! Op party plekke was die belangstelling so groot dat openbare vergaderinge gereël is.
vir hulle gelees is. In party gevalle het godsdiensleiers vir mense gesê dat Jehovah die Duiwel is. Hoe verbaas was hulle tog om verse soosNog sendelinge en ’n nuwe takkantoor
In September 1979 het Abigail Pérez en sy vrou, Georgina, as sendelinge in die land aangekom. Hulle is in die kringwerk toegewys. Later, in 1987, het die Gileadgegradueerdes Tom en Shirley die predikingswerk kom ondersteun. Nog ’n seën vir die gebied was die aankoms van ’n klomp spesiale voltydse dienaars uit Puerto Rico. In Augustus 1988 is Reiner en Jeanne Thompson na die Dominikaanse Republiek gestuur, hulle vyfde sendingtoewysing.
Teen 1989 was daar gemiddeld 11 081 verkondigers, en die potensiaal vir toekomstige groei was duidelik, aangesien 20 494 Bybelstudies gerapporteer is. Hierdie groei het egter uitdagings meegebring. Die bestaande takkantoorgebou was byvoorbeeld jare lank groot genoeg om in die land se behoeftes te voorsien, maar teen die laat 1980’s was dit te klein. “Dit was so vol”, sê Reiner Thompson, “dat dit nodig was om behuising sowel as pakhuise in verskillende dele van die stad te vind.”
“Dit was moeilik om ’n gepaste stuk grond vir ’n nuwe takkantoor te vind”, sê Reiner verder. “Toe het ’n sakeman wat gehoor het dat ons ’n stuk grond soek, met ons
in verbinding getree. Hy het verduidelik dat hy ’n baie goeie stuk grond wil verkoop, maar slegs aan Jehovah se Getuies. Hy het voorheen ’n groot naaldwerkbesigheid besit, en sy sekretaris en ’n hele paar ander werknemers was Jehovah se Getuies. Hy het hulle uitsonderlike eerlikheid en respekvolle gedrag jare lank gesien, en dit het hom baie beïndruk. Omdat hy hoë agting vir Jehovah se Getuies gehad het, het hy ons die stuk grond teen ’n groot afslag aangebied.” Die perseel is in Desember 1998 gekoop, en drie aangrensende persele is later bekom. Die takkantoor en aangrensende Byeenkomssaal beslaan altesaam sowat nege hektaar.Honderde plaaslike en internasionale vrywilligers het met die bou van die nuwe takkantoor en Byeenkomssaal gehelp. Die fasiliteite is in November 1996 toegewy. Carey Barber, Theodore Jaracz en Gerrit Lösch van die Bestuursliggaam het aan Saterdag se toewydingsprogram deelgeneem. Die volgende dag is spesiale programme in twee van die land se grootste stadiums aangebied, en meer as 10 000 besoekers het op ’n toer deur die nuwe takfasiliteite gegaan.
“Kom oor na Masedonië”
’n Geskiedenisverslag van Jehovah se volk in die Dominikaanse Republiek sou onvolledig wees sonder ’n vermelding van die groot aantal Getuies wat na die land getrek het om te dien waar hulp nodig is. Baie is beweeg deur berigte van ’n geestelik vrugbare veld waar baie Bybelstudies gehou kan word en het dus vanaf die laat 1980’s na die land getrek om as ’t ware ‘oor te kom na Masedonië’ (Hand. 16:9). Hierdie vrywilligers het met ander gepraat oor die vreugde wat hulle in die oeswerk in die Dominikaanse Republiek ondervind. Die gevolg was dat selfs nog meer broers en susters in die 1990’s na die land getrek het.
Stevan en Miriam Norager van Denemarke dien byvoorbeeld al vanaf 2001 in die Dominikaanse Republiek. Miriam het vroeër ’n jaar en ’n half saam met haar suster in die land gedien. Wat het hierdie egpaar beweeg om na ’n afgeleë land met ’n ander kultuur en taal te trek? Miriam sê: “Ons albei kom uit geestelik sterk gesinne met ouers wat gedien het as spesiale pioniers toe hulle jonk was en as gewone pioniers nadat hulle kinders gekry het. Ons ouers het ons altyd aangespoor om ons vir Jehovah in die voltydse diens in te span.”
Stevan en Miriam is al vanaf 2006 spesiale pioniers en het baie mense gehelp om die waarheid te leer. “Daar is tallose seëninge”, sê Stevan. “Ongeag watter beproewinge of gesondheidsprobleme ons ondervind, dit is
niks in vergelyking met die wonderlike ondervindinge wat ons geniet en die vreugde wat dit verskaf om opregtes te help om Jehovah te leer ken en lief te kry nie. Ons het ook ’n groot familie van liefdevolle vriende gekry. Om in die Dominikaanse Republiek te dien, het ons nederigheid en geduld geleer, en om ’n eenvoudige lewe te lei, het werklik ons geloof en vertroue in Jehovah versterk.”Jennifer Joy is een van die talle ongetroude susters uit ander lande wat in die Dominikaanse Republiek preek. Toe Jennifer in 1992 gekuier het by haar tannie, Edith White, wat lank as ’n sendeling gedien het, het sy goeie resultate in die bediening gehad. Sy het ook
ander buitelandse susters ontmoet wat daar was om met die predikingswerk te help. “Ek was skaam en het nie baie selfvertroue gehad nie”, sê Jennifer. “Maar ek het gedink: ‘As hulle dit kan doen, kan ek dit dalk ook doen.’”Jennifer was aanvanklik van plan om net een jaar daar te dien, maar sy het jaar ná jaar aangebly, en nou dien sy al meer as 20 jaar in die Dominikaanse Republiek. Sy het baie van haar Bybelstudente gehelp om aanbidders van Jehovah te word. Jennifer het gehelp met die ontwikkeling van die gebaretaalveld in die land en ook met die voorbereiding van ’n leerplan vir taalklasse.
‘Jehovah het tot nou toe na my omgesien. Waarom moet ek dan twyfel dat hy volgende jaar vir my sal sorg?’
Hoe onderhou Jennifer haarself? “Ek gaan elke jaar vir ’n paar maande terug Kanada toe om te gaan werk”, verduidelik sy. “Ek het oor die jare heen verskillende soorte werk gedoen, soos om foto’s te ontwikkel, foto’s te neem, huise te verf, kantore skoon te maak, motorligte te vervaardig en matte te maak. Ek het ook al as ’n toergids, ’n reisagent, ’n Engelse onderwyseres en ’n tolk gewerk.” Jennifer vergelyk haar situasie met dié van die eertydse Israeliete in die wildernis. “Hulle het gelewe van elke woord wat uit Jehovah se mond gekom het”, sê sy. “Hy het belowe dat hy vir hulle sou sorg, en dit is presies wat hy gedoen het. Hulle het elke dag kos gehad, en hulle klere en sandale het nie verslyt nie (Deut. 8:3, 4). Jehovah belowe dat hy ook vir ons sal sorg (Matt. 6:33). Hy het tot nou toe na my omgesien. Waarom moet ek dan twyfel dat hy volgende jaar vir my sal sorg?”
Tot 1 000 selfopofferende evangeliedienaars het uit sulke uiteenlopende plekke soos Japan, Oostenryk, Pole, Puerto Rico, Rusland, Spanje, Swede, Taiwan en die Verenigde State gekom. Helpers uit tot 30 nasionaliteite het deel geword van Amerikaanse Gebaretaalgemeentes, asook Chinese, Engelse, Haïtiaans-Kreoolse, Italiaanse, Russiese en Spaanse gemeentes. Soos die apostel Petrus, het hulle gesê: “Kyk! Ons het alles verlaat en u gevolg.”—