Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

GEORGIË

Koerdiese mense aanvaar die waarheid

Koerdiese mense aanvaar die waarheid

“EK SÊ gereeld vir Jehovah dankie omdat ek in my moedertaal omtrent hom geleer het”, sê Goelizar.

Goelizar het agt jaar lank met Jehovah se Getuies geassosieer, maar sy is eers gedoop nadat sy die vergaderinge in haar moedertaal, Koerdies, begin bywoon het. Sy is een van baie Koerdiese mense wat in onlangse jare in Georgië die waarheid aanvaar het. Maar wie is hierdie mense?

Koerdiese mense woon al eeue lank in die Midde-Ooste. Party geleerdes dink dat hulle afkomstig is van die eertydse Mede wat in die Bybel genoem word (2 Kon. 18:11; Hand. 2:9). Hulle taal is deel van die Irannese taalgroep.

Vandag woon daar miljoene Koerdiese mense in verskillende lande, insluitende Armenië, Iran, Irak, Sirië en Turkye. Daar is omtrent 20 000 Koerdiese mense in Georgië. Oor die algemeen glo hulle in God en het hulle groot respek vir geestelike dinge.

Daar is nou 500 Koerdiese verkondigers in Georgië en drie Koerdiese gemeentes. Almal was baie bly toe die eerste streekbyeenkoms in die Koerdiese taal in 2014 in Tbilisi gehou is, en afgevaardigdes van Armenië, Duitsland, Turkye en die Oekraïne het dit bygewoon.