AARDWYE PREDIKINGS- EN ONDERRIGTINGSWERK
Afrika
-
LANDE 58
-
BEVOLKING 979 685 702
-
VERKONDIGERS 1 363 384
-
BYBELSTUDIES 3 265 314
“Ek is nou gereed om Babilon die Grote te verlaat”
Thomson, ’n jong man wat in Uganda woon, was nie meer tevrede met godsdiens nie. Omdat hy ontsteld was oor die klem wat die geestelikes op geld gelê het, het hy heeltemal opgehou om kerkdienste by te woon. Maar hy het aangehou om elke dag sy Bybel te lees. Die boek Openbaring het hom veral geïnteresseer. Hy het dit probeer uitlê en aantekeninge in ’n notaboekie gemaak. Wat leer die Bybel werklik? geneem. Hy het dit in een aand deurgelees. Die volgende dag het die broer ’n teksboodskap ontvang wat gesê het: “Dank die Here vir die inligting wat jy my gegee het. Ek is nou gereed om Babilon die Grote te verlaat.” Thomson het gevra vir al die publikasies waarna die voetnote en aanhangsels in die boek verwys. Hy het hom in sy Bybelstudie verdiep, vinnige vordering gemaak en is by die “Bewaak jou hart!”-streekbyeenkoms in 2012 gedoop. Thomson het in Maart 2013 as ’n gewone pionier begin dien, en hy help nou ander om te sien dat hulle Babilon die Grote moet verlaat.
Toe het ’n broer vir Thomson by sy werksplek, ’n klein bouterrein, ontmoet terwyl Thomson sy Bybel gelees het. ’n Lewendige bespreking het gevolg, en Thomson het die boekAgt broers het met hom studeer
Jimmy het grootgeword in Port Louis, die hoofstad van Mauritius. Hy het op 16-jarige ouderdom begin drink, en kort voor lank het hy hom elke dag dronk gedrink. Onder die invloed van alkohol het hy dikwels sy selfbeheersing verloor en is hy verskeie kere tronk toe gestuur. Party dae het hy tot drie bottels rum gedrink en 60 sigarette gerook. As sy geld opgeraak het, het hy alkohol gedrink wat gebruik word om vensters skoon te maak. Hy het selfs sy ma se reukwater gedrink. Toe iemand vir hom gesê het hy lyk soos ’n lewende lyk, het hy na ’n rehabilitasiesentrum gegaan. Hy het ’n jaar en ’n half daar gebly, maar dit het hom nie werklik gehelp nie.
Uiteindelik het Jimmy Jehovah se Getuies ontmoet en ’n Bybelstudie aanvaar. Soms het hy in die middel van ’n studie opgestaan om te gaan drink. Met verloop van tyd het agt broers met hom studeer. Jimmy het uiteindelik Hebreërs 4:12 my hart deurboor. Terwyl ek eendag my Bybel gelees het, het ek Spreuke 24:16 gesien, wat sê: ‘Die regverdige kan selfs sewe keer val, en hy sal beslis opstaan.’ Dit was die keerpunt in my lewe.” Nadat hy ‘geval het’ toe die eerste sewe broers met hom gestudeer het, was Jimmy vasbeslote om te verander en ‘op te staan’ met die hulp van die agtste broer. Jimmy het Jehovah om krag gesmeek, gemeentelike vergaderinge bygewoon en sy slegte gewoontes laat vaar. Hy is in 2003 gedoop en het in 2012 as ’n gewone pionier begin dien. Hy dien nou as ’n bedieningskneg in ’n gemeente op die eiland Rodrigues.
besef dat hy sy lewenswyse sal moet verander. Hy het gesê: “Ek het gevoel asof die geestelike swaard van“Jehovah en die engele sal my vriende wees”
Die 70-jarige Mary in Kenia was haar hele lewe lank ’n lid van die Presbiteriaanse Kerk. Sy was ’n ywerige geldinsamelaar en het gehelp om een van die plaaslike kerke te bou. Toe een van haar seuns ’n Getuie geword het, was sy nie gelukkig daaroor nie. Hy het haar na die gemeentelike vergaderinge genooi, maar Mary het geweier om dit by te woon, want sy het gesê dat sy die Bybel se boodskap in haar eie taal, Kikuyu, wou hoor, nie in Swahili nie. Uiteindelik het Mary ’n uitnodiging aanvaar om ’n Kikuyu-streekbyeenkoms by te woon. By die byeenkoms het sy in die deel vir bejaardes gesit. Sy was baie beïndruk deur die vriendelike en liefdevolle wyse waarop sy behandel is. Mary het gesê dat sy nog nooit sulke liefde in haar kerk ervaar het nie. Sy het aandagtig na al die toesprake geluister en het gehou van wat sy gehoor het. Toe
iemand vir haar ’n Bybelstudie uit die brosjure Listen to God aangebied het, het sy dit onmiddellik aanvaar.Nadat Mary ’n paar maande gestudeer het, het sy besluit dat sy een van Jehovah se Getuies wil wees en het sy dus uit haar kerk bedank. Die kerkleiers was briesend. Hulle het ’n pastoor uit die hoofstad, Nairobi, gevra om met haar te kom praat. Die pastoor het Mary probeer oorreed om in die kerk te bly, maar sy het vasgestaan by haar besluit. “Wie sal jou vriende wees as jy die kerk verlaat?” het hy gevra. “Baie van jou vriende en bure is lidmate van die kerk.”
“Jehovah en die engele sal my vriende wees”, het Mary geantwoord. “En die Getuies sal ook my vriende wees.”
Aangesien die pastoor Mary nie kon oorreed nie, het hy besluit om te gaan. Mary maak nog steeds goeie vordering in haar Bybelstudie en woon al die Christelike vergaderinge by, al woon sy ver van waar dit gehou word. Toe daar onlangs nie openbare vervoer na die vergadering was nie, het sy twee ure in die reën gestap om dit by te woon. Ondanks teenstand van bure is Mary vasbeslote om haar doelwit te bereik om gedoop te word.
Die pastoor het haar gepootjie!
’n 14-jarige meisie met die naam Ashton woon in Kameroen. Toe sy die Bybel met Jehovah se Getuies begin studeer het, het haar tante en oom by wie sy bly, haar hewig teëgestaan. Hulle het aangedring dat sy kerkdienste saam met hulle by die Pinksterkerk bywoon. Tydens een van die dienste het die pastoor haar hande op die koppe van die bywoners gelê sodat hulle die “gees” kon ontvang, wat hulle laat omval het. Ashton het nie omgeval nie. Die pastoor het gebid en gebid, maar Ashton het bly staan. Toe pootjie die pastoor haar! Toe Ashton by die huis kom, het sy vir haar tante en oom vertel dat sy gepootjie is, maar hulle het haar nie geglo nie. Sy het net daar besluit dat sy nooit weer haar voete in die kerk sal sit nie. Ondanks teenstand en beledigings van haar familie en bure, woon Ashton steeds vergaderinge by die Koninkryksaal by.
Deur ’n kleuter genooi
Hoewel Anilpa net 17 maande oud was, het sy ywerig deelgeneem aan die kampanje om mense na verlede jaar se streekbyeenkoms in Angola te nooi. Anilpa se “toewysing” was om aan die deure te klop en vir huisbewoners ’n uitnodiging te gee terwyl haar ma kortliks die rede vir hulle besoek verduidelik het. Anilpa het oorgeloop van entoesiasme en wou nie altyd vir haar ma wag om klaar te praat voordat sy aan die volgende deur gaan klop het nie. Sy het die huisbewoners baie beïndruk. Byvoorbeeld, op die laaste dag van die byeenkoms het ’n vrou
na klein Anilpa gekom en vir haar gesê: “Ek was op soek na jou. Ek is so bly dat ek jou gevind het, want jy was die een wat my na die byeenkoms genooi het.”Hulle het genoeg gehad van onderdrukking
In Augustus 2012 het verkondigers van die Antaviranambo-gemeente in Madagaskar ’n groep mense ontmoet wat gesê het dat hulle Jehovah se Getuies wil word. Die mense het gevoel dat hulle onderdruk word deur hulle kerkleiers, wie se dade nie ooreengestem het met hulle woorde nie. Die mense het gesê dat hulle kerke geen Bybelonderrigtingsprogramme het nie en dat daar geen publikasies is wat hulle oortuigings verduidelik nie. Kerkgeld was hoog, daar het nie werklik ’n broederskap bestaan nie en daar was geen bewys van ware Christelike liefde nie. Hulle het ook gesê hulle weet dat Jehovah se Getuies nie hierdie probleme ondervind nie.
Later het die groep aan die takkantoor geskryf. Die brief het gesê: “Ons skryf om julle te vertel van ons begeerte om Jehovah te dien. Maar ons bly in ’n
afgesonderde gebied. Party van ons moet 9 tot 15 uur lank stap om by die vergaderinge uit te kom. Ons smeek julle dus asseblief om iemand te stuur om die Bybel met ons te kom studeer. Ons kan nie ons begeerte vervul om Jehovah met ons hele hart te dien nie tensy julle ons help om ons liefde vir hom te versterk. Daar is 215 van ons wat van ten minste drie dorpies af kom. Ons het aan verskillende kerke behoort, maar nou wil ons almal baie graag Jehovah heelhartig dien en hom gehoorsaam. Ons is vol vertroue dat julle ons sal help.”Die broers het nege uur lank na die eerste dorpie gestap om hierdie groep mense te ontmoet. Daar het die broers ’n vergadering gehou wat deur 65 belangstellendes bygewoon is. Nuus het vinnig versprei, en mense van ander dorpies het hulle begeerte uitgespreek om ook besoek te word en die Bybel te studeer. Die broers het dus nog vier uur verder gestap en ’n vergadering met meer as 80 mense in ’n tweede dorpie gehou. Daar het hulle ander mense ontmoet wat hulle gesmeek het om na hulle dorpie te kom, twee uur se stap daarvandaan. Die broers het gewilliglik ingestem en ook daar ’n vergadering gehou. Meer as 50 mense het dit bygewoon.
By twee geleenthede het meer as 30 van hierdie dorpenaars ’n byeenkoms in Mahanoro bygewoon. Dit was ’n dag en ’n half se stap soontoe en nog ’n dag en ’n half terug. Vyf-en-twintig van hulle—egpare, gesinne en bejaardes—het vir die kringopsiener se besoek gekom. Hulle het almal in een huis gebly en hulle gedagtes uitgeruil en tot laat in die aand vrae gevra. Die dorpenaars het gesê dat daar nog baie mense is wat saam met die Getuies wou aanbid omdat mense genoeg gehad het van onderdrukking deur hulle godsdiensleiers.