24 JUNIE 2019
ECUADOR
Guayaquil, Ecuador – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
Datum: 14-16 Junie 2019
Plek: Estadio Monumental Banco Pichincha in Guayaquil, Ecuador
Programtale: Ecuadoriaanse Gebaretaal, Engels en Spaans
Bywoningshoogtepunt: 53 055
Aantal gedoop: 702
Aantal internasionale besoekers: 5 300
Genooide takkantore: Argentinië, België, Bolivia, Colombia, Kazakstan, Korea, Kuba, Mianmar, Moldowa, Pole, Sentraal-Amerika, Spanje en die Verenigde State
Plaaslike ondervinding: José Francisco Cevallos, die president van die Barcelona Sportklub aan wie die stadion behoort, het gesê: “Ons het nog nooit enige probleme met julle byeenkomste gehad nie, nie nou nie en ook nie in vorige jare nie. Dis ’n bewys van julle goeie gedrag en hoe ordelik alles by julle byeenkomste verloop. Dis nie maklik nie, maar dis net hoe julle is – julle is georganiseerd en goed voorbereid vir al julle byeenkomste. Julle is goeie mense – goed opgevoed, goed gemanierd en goed georganiseerd. Ons kan beslis enige stad of land aanraai om Jehovah se Getuies toe te laat om hulle fasiliteite te gebruik.”
Byeenkomsgangers van ander lande poseer vir ’n foto tydens ’n ope dag by die Bethel in Ecuador
Plaaslike broers en susters doen velddiens saam met die buitelandse byeenkomsgangers
Internasionale byeenkomsgangers sing lekker saam tydens die eerste dag van die streekbyeenkoms
’n Paar van die 702 nuwe broers en susters wat gedoop is
Buitelandse byeenkomsgangers maak notas tydens die sessie
Byeenkomsgangers van ander lande maak die Koreaanse handgebaar vir liefde
Broer Kenneth Cook, ’n lid van die Bestuursliggaam, gee Saterdag die slottoespraak by die streekbyeenkoms
Besoekers wat in die spesiale voltydse diens is, waai totsiens vir die skare op die laaste dag van die streekbyeenkoms
Plaaslike broers en susters maak musiek en dans vir die buitelandse byeenkomsgangers tydens die spesiale vermaak wat gereël is